Moenie val vir leu00eb, onsinnige beloftes
Moenie val vir leu00eb, onsinnige beloftes

Moenie val vir leë, onsinnige beloftes

Mandy Rittmann
MARIE WAGGIE SKRYF:

Ons is op die drumpel van ons verkiesing, en ek dink die meeste van ons wil tog die regte keuse maak?

Partye het die neiging om verskriklike beloftes aan die mense te maak, om hulle stemme te werf. Ons as mens is ook van so ’n aard dat ons wil weet wat is in die ding vir ons voordat ons die keuse of besluit wil maak.

Hierdie beloftes wat die partye maak, is byvoorbeeld dat mense gratis erwe sal kry. Sommige partye deel alreeds gratis erwe, gratis kos en allerhande lekker goedjies uit, maar kom dit na die stemtyd, dan lyk dinge tog net dieselfde, indien nie nog erger nie.

Partye is ook net in hierde verkiesingstyd die strate vol. Daarna gaan sit die kandidate in hul “aircon”-kantore, en alles is verlore. Baie mense weet dat hul al deur die “trauma” gegaan het: as verkiesingstyd verby is, dan sien hul niks van die kandidaat vir wie hul gestem het nie. Baie se “gratis” erwe word weer net so kom wegvat, want daar is ’n regverdige prosedure, of altans daar moet wees vir iemand om sy eie erf te hê.

Of kan en sal dit dan so werk dat net die wat vir 'n party stem uit alles sal baat? Net hulle kry “gratis” erwe, en hoef ook nie eens vir wateraansluitings of anderlike dienste soos riool en vullisverwydering te betaal nie? Maak dit sin?

Kom ons stem vir ’n “onafhanklike kandidaat” vir ons munisipale en streeksverkiesings. ’n Persoon wat as raadslid vir almal in Rehoboth kan staan.

Ekself het deel gehad aan hierdie verkiesings. Baie mooi dinge word in die vergaderings bespreek, maar op die einde net so van die tafel gevee.

Kom dat gee iemand die kans om saam met elke inwoner van Rehoboth ’n verskil te maak.

Die munisipaliteit moet as besigheid bestuur word.

Oral op Rehoboth is daar plakkerskampe soos mense hul kamtige gratis erwe benut. Daar was net een persoon in Rehoboth, Kaptein Hans Diergaardt, wat laekostebehuising vir mense kon gee. Daarna het dit net nog meer agteruitgegaan.

Wat is die verskille wat ons wil sien? Paaie moet geteer word, riole moet aangelê word, ons dorp moet skoon en netjies wees, ons eens pragtige Oanobrivier lyk al soos ’n woestyn, die bome word elke dag kom afgekap, totdat daar een van die dae niks oorbly. Ons jongmense gebruik ook die rivier vir hulle partytjies, en los alles net weer onnet en vuil. Dit kan ook gebruik word vir geldgenerering as die dorpsraad besluit om dit te omskep in ’n parkie of ontspanningsplek. Moenie praat van ons Reho Spa, vir jare kon die nie weer herstel word. Mense hou op om alles net gratis te wil hê.

Staan op vir die regte dinge, staan op vir die regte persoon. As ons almal saamstaan, dan alleen kan ons ’n verskil maak.

Laastens wil ek net sê baie dankie aan ons president dat hy vir Covid-19 so goed in ons land hanteer het. Mense verstaan nie Covid-19 bestaan nog altyd, en dat elkeen verantwoordelik is om na sy eie gesondheid te kyk, maar ons as mens het so in ons gemaksones ingegaan, dat ons na die regering kyk om alles gemaklik te maak.

Staan op en maak werk van dit wat jy graag wil sien of besit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!