Moenie vir 'n maklike lewe wens nie
Onlangs besef ek net weer hoe goed dit is om nie 'n maklike lewe te hê nie.
En dít nogal by die pasafgelope Namibië Toerisme Ekspo.
Ek en my kollegas het Republikein se stalletjie beman en lekker met lesers gesels en hulle gehelp om 'n app af te laai waarmee hulle 'n paar pryse kon wen. Spruit was saam vir morele en tegniese ondersteuning, want Mamma is 'n bietjie dof met apps.
Ek kon uiteindelik sien hoe lyk ons lesers van naderby. Daar's vettes, maeres, rondes, reghoekiges en driehoekiges. Al die soorte. Maar almal baie vriendelik, gemoedelik en lus vir kuier. Die mense onthou vir Jan Spies, vertel hoe hulle Oom Des se stories geniet en een ou wys vir my sy foto op die sportblaaie. Elke nou en dan haal ons 'n bord southappies uit en dan gaan dit nóg lekkerder.
Ek is nog besig om vir Spruit te vra of sy dit geniet toe 'n tamatie skielik op ons afstorm. So 'n bloedrooie met spierwit hare soos Heino s'n. Sy druk haar bloedrooi gesig in Spruit s'n en skree: “I'm sorry to interrupt!!”
Maar sy's duidelik glad nie jammer nie en dis asof sy verskriklik kwaad vir Spruit is. En as jy my nou heeltemal van my sin vir humor wil beroof, moet jy lelik wees met my spruitjie. Dan wend die tamatie haarself tot my. Vir my lyk sy nóg kwater.
Sy begin in baie swak Engels op my skree. Ek verstaan nie wat fout is nie. En ek hét nie 'n brandblusser nie, maar ek vermoed die tannie wil hê ek moet haar spuit, want sy't duidelik aan die brand geslaan of iets. En dit lyk of sy dink dis my skuld.
Soos sy op en af spring en reghoekies met haar handjies trek, so wil ek mos begin lag. Die Heino-tamatie is duidelik nie lekker nie. Maar hoe meer geamuseerd ek haar aangaap, hoe rooier en woedender raak sy. Soos ek toe nou verstaan, wil sy 'n kalender hê. Sy spoeg die woord saam met 'n rits ander harde woorde by haar mond uit. Haar mammie het haar seker nie die towerwoordjies “asseblief” en “dankie” geleer nie, shame. Nie dat dit haar sou help nie, want ek hét nie vir haar 'n kalender nie, maar wat van 'n hoenderboudjie? En daar trek die tamatie al oogrollend, spoegend en rooi weg. Duidelik nie 'n gawe Republikein-leser nie.
Dat mens so ontsteld kan raak oor 'n reghoekige papiertjie met syfertjies op, gaan my verstand te bowe.
Vir dié tannie wil ek sê jy gedra jou soos 'n brat, man.
Dink bietjie aan mense wat régtig rede het om ontsteld te wees, soos die ouers van die Stellenboschse student wat onlangs vermoor is, of die vlugtelinge van Sirië wat nie eers meer 'n plek het wat hulle huis kan noem nie, wat orals onwelkom is, of die sekuriteitswag wat peanuts verdien en aand na aand rasend honger moet gaan slaap omdat hy met sy karige loon vir sy gesin pap gekoop het, maar daar was nie genoeg vir hom ook nie. Dink bietjie aan al die kinders wat gemolesteer word, vrouens wat verkrag word, mense wat ná bomontploffings by konserte nie weet waar hulle ouers of kinders is nie, en of hulle nog leef nie, mense wat hulle werke verloor, dokters wat hul praktyke moet sluit omdat mediese fondse hulle nie betaal nie, kinders wat aan die hoof van huisgesinne moet staan, alleen teen die wêreld omdat hul ouers dood is, en aan die duisende mense wat daagliks met kanker gediagnoseer word, wat naar is, siek is en stelselmatig moet sien hoe elke deel van hul liggaam inkonk.
En dan sê jy vir my, Tannie Heino, of dit regtig nodig is om jou so te ontstel oor 'n reghoekige kartonnetjie met syfertjies op.
Suffering gee mens empatie met mense, suffering maak mens sag. Die gaafste mense wat ek ken, is ook dié wat deur erg moeilike tye in hul lewens moes gaan.
So, liewe leser, as dinge vir jou te veel raak, klou daaraan vas dat dit ten minste van jou 'n gawer, sagter mens sal maak. En ek belowe jou, dis lekkerder om 'n gawe, sagte marshmallow te wees wat nie oor die klein goedjies in die lewe uitfreak nie, as om 'n spoegende tamatie te wees wat 'n hartaanval oor kalenders kry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie