Moenie wag vir nuwe jaar u2013 begin sommer nou
Moenie wag vir nuwe jaar u2013 begin sommer nou

Moenie wag vir nuwe jaar – begin sommer nou

[email protected]
Thusnelda Gamibes
Verdoem is die mens (man of vrou) wat roem op hul goeie voornemens vir die nuwe jaar wat voorlê – en beloftes maak oor wat hulle alles sal doen en regkry.

Die sogenaamde Nuwejaarsdroom en voornemens is net praatjies, want dit word feitlik nooit ’n werklikheid nie.

’n Aanduiding van hoe swak soveel mense se wilskrag is, is hoedat hulle hul ganse lewe uitstel om te doen wat reg en goed is. My geloof in my landgenote raak al swakker en swakker omdat hulle so maklik ’n besluit neem of ’n doelwit stel wat hulle nooit gaan uitvoer nie.

Hoeveel van ons Namibiërs is geneig om alte maklik die teikendatums van 31 Desember tot by 5 Januarie uit te stel om byvoorbeeld te begin om van slegte gewoontes af te sien. Terloops het ek nog nooit iemand teëgekom wat besluit het dat hy of sy hulle die volgende jaar gaan besig hou met negatiewe dinge nie, maar volgens die Namibiese misdaadrekords is daar ook geen afname in die groot sondes wat my landgenote pleeg nie.

Dis dié dat ek dink daar is wel sommiges met die voorneme om in die komende jaar die kortpaadjies van misdaad te kies, om ten koste van ander mense deur die honger maand van Januarie te kom.

Laasjaar het ek en my vriendin besluit ons twee gaan elke maand Shoprite-seëls koop en plak, maar ons het toe glad nie so ver gekom het nie. So ’n klein dingetjie; maklik om te doen, maar ook maklik om nie te doen nie.

Hoekom moet mense dan van ’n gewone datum en tyd afhanklik wees en daarop staatmaak om te begin doen wat hulle veronderstel is om te doen? Hoekom is ’n spesifieke datum en tyd van so ’n betekenis en dien dit regtig as ’n riglyn om suksesvol in die toekoms te wees?

Daar is slim ontleders wat sê ’n voorneme sonder ’n spesifieke sperdatum wanneer dit bereik moet word, is blote wensdenkery. Seker om dié rede dat die einde van nog ’n jaar ons altyd laat wakker skrik uit ons normale daaglikse gang.

My raad is: as jy wil kar of huis koop, begin sommer dadelik spaar. Moet nie die einde van die jaar of Nuwejaar se hulp loop soek nie of sit en wag soos ek – en kry dan spyt kry teen die einde van die jaar (soos laasjaar) nie.

Gemeet aan die vele drome wat jaarliks gedroom word, is “Die Nuwejaarsvoorneme” vir vele slegs ’n gedagte wat nooit ’n werklikheid gaan word nie. Selfs al sou jy net ’n lys opstel en al die goeters neerskryf wat jy graag vanjaar gedoen wil kry en dit in jou Bybel insit (of waar ook al jou verklaarde doelwit vir jou die heeltyd sigbaar is) vergroot reeds jou kanse op sukses.

Dis hoekom 99 persent van voornemens nooit ’n werklikheid word nie. Die toets lê daarin of jou behoefte werklik uit die diepte van die hart kom. Die wensdenkery se krag begin afneem sodra daardie gedagtes ?’n minuut ouer raak.

Sê nou maar jy het besluit om op 31 Desember tabak te los, of om nie weer drank op jou lippe te sit nie, te verslank, of te begin oefen, selfs net om kerk toe te gaan. Daardie persoonlike uitdagings en beloftes aan jouself wat ons so sukkel om te vervul.

Wat is die probleem om daar en dan te eniger tyd, plek of datum ’n besluit te neem en daarby te hou, in stede van om tot op die Oujaar of Nuwejaarsdag te wag met sulke voornemens? As jy jou drinkery of rokery wil staak, of geld spaar om vir jou ’n ryding te koop, begin doen dit nou.

Begin sommer daardie oomblik wat die gedagte by jou opkom om dit uit te voer, byvoorbeeld ophou drink of rook of om ’n kar te wil koop of geld wil spaar.

Onthou, van uitstel kom afstel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!