Moesonreu00ebn in Nepal eis 30 lewens
Moesonreu00ebn in Nepal eis 30 lewens

Moesonreën in Nepal eis 30 lewens

Altesaam 15 mense het gedurende die nag in blitsvloede en grondstortings in Katmandoe in Nepal weens die moesonreën gesterf, terwyl 12 beseer en nog 18 ander vermis word.

Dit bring die dodetal sedert Donderdag op 30 te staan, het amptenare aan Reuters gesê.

Die Kosirivier in die ooste van die land, wat na Indië vloei, het reeds die gevaarmerk verbygesteek.

Dié stygende rivier is vir beide lande ’n ernstige bron van kommer. Sedert die rivier sy walle in 2008 oorstroom het, is sy loop verander. Destyds het die oorstromings meer as twee miljoen mense in Bihar geraak en 500 het gesterf.

Dertig van die 56 sluise in ’n keerdam in die Kosirivier naby die grens tussen Indië en Nepal is reeds oopgemaak en reddingswerkers is ontplooi om mense uit die gebied te ontruim.

Die weerkantoor het inwoners gemaan om op ’n gereedheidsgrondslag te wees omdat die moesonreën nog voortduur.

“Al reën dit minder in sommige areas, moet mense steeds baie versigtig wees omdat daar ’n groot kans op swaar reën Sondag is,” het Bibhoeti Pokharel, ’n amptenaar, gesê.

Hoewel die moesonreën jaarliks grondstortings en vloede veroorsaak en menselewens eis, is Nepal se 30 miljoen inwoners afhanklik van dié reën om te boer. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!