Moet jy nou in sement belê?

PPC, die toonaan­gewende ­sementverskaffer in Suider-Afrika, het 11 sement­fabrieke in Suid-­Afrika, ­Botswana, die Demokratiese ­Republiek die Kongo, Ethiopië, Rwanda en Zimbabwe.

PPC kan jaarliks sowat 11,5 miljoen ton sementprodukte vervaardig.

Luidens sy jongste bedryfsbywerking, vir die nege maande tot einde Desember 2018, het die gemiddelde sementprys in Suider-Afrika met 1% tot 2% oor dié tydperk toegeneem.

Die volumeverkope was 2% tot 3% hoër teen die agtergrond van 'n geraamde markinkrimping van tot 5%. Sien grafika.

DALENDE WIG

Die Williams-persentasie-reeks bevestig die oorverkoopte posisie van die aandeel, maar slegs wanneer die -50-lyn in steun verander en een bly, kan ons aanvaar dat die momentum na bo sal wil toeneem.

Die dalende wig (moontlik positief) sal bevestig word as lyn A (R4,87) in steun verander.

Die teiken van die formasie indien dit sou uitspeel, is R5,40.

Die verhandelingsvolume van dié aandeel kan soms baie dun wees.

Die vorige sprong in volume was in Mei 2018 en die aandeel verhandel tans teen dieselfde vlakke as tydens die vorige sprong in volume.

• Spekulante: Koop of oorweeg 'n langposisie bo lyn A (R4,87), maar gebruik R4,58 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is R5,00, R5,05, R5,14, R5,20, R5,29 en R5,40.

• Medium- tot langtermynbeleggers: Die volgende hoër laagte sal op 'n weeklikse grafiek bo R4,98 bevestig word en die 40-weke- bewegende gemiddelde wag by R5,46.

Bo die 40-weke- bewegende gemiddelde kan ons aanvaar dat die langtermynsentiment teenoor die aandeel verander het in positief.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!