Mogadishu-bom eis agt lewens
Inwoners staan rond op die toneel van ‘n selfmoordbomaanval in Somalië se hoofstad, Mogadishu. Minstens agt mense is die naweek in die aanval dood, maar mediese bronne waarsku dat die dodetal kan styg. Geen groep het nog aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar nie, maar allerweë word vermoed dat die Islamitiese groep, Al-Sjabaab, met sy bande aan Al-Kaïda, wat in ‘n verbete stryd teen die Somaliese regering gewikkel is, daarvoor verantwoordelik was. Foto Nampa/AFP
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie