Mogadisjoe: Selfs geharde Somaliu00ebrs is geskok
Mogadisjoe: Selfs geharde Somaliu00ebrs is geskok

Mogadisjoe: Selfs geharde Somaliërs is geskok

Inwoners van Mogadisjoe in Somalië was sedert 2011, toe die terreurgroep Al-Sjabaab uit die stad gedryf is, al gewoond aan gereelde bomontploffings deur die groep, maar die omvang van Saterdag se twee bomaanvalle het selfs geharde Somaliërs geskok, berig Associated Press.

Drie dae van rou is afgekondig nadat inwoners Sondag in die strate teen die aanval betoog het.

’n Vliegtuig het Maandag uit Turkye met mediese toerusting aangekom en nog beseerdes is ontruim.

Meer as ’n 100 mense wat nie uitgeken kon word nie, is reeds begrawe. Hulle is verkool in die ontploffing voor ’n hotel by die bekende K5 Junction, wat bestaan uit regeringsgeboue, hotelle en restaurante.

Die bom was in ’n vragmotor en toe dit ontplof het dit ’n petroltenkwa ook laat ontplof, wat ’n reusevuurbal veroorsaak het, berig The Guardian.

Die dodetal het teen Maandag tot 300 gestyg, maar baie mense word nog vermis.

Twee mense is dood in ’n tweede ontploffing in die Madina-distrik.

Die Suid-Afrikaanse regering het die aanval “ten sterkste veroordeel” en het sy medelye met die slagoffers se families en die regering van Somalië in ’n verklaring uitgespreek.

“Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking sal voortgaan om met die ander lidlande van die Afrika-Unie en die Verenigde Nasies saam te werk om langtermynoplossings te vind vir die vlaag van terreuraanvalle,” lui die verklaring.

Al-Sjabaab probeer reeds sedert 2007 om ’n houvas op Somalië te kry en ’n streng interpretasie van Islam daar te laat geld. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!