Mole reg vir strandjol

Vlugbal
Die Namibiese Vlug­balvereniging (NVF) sal die 2021 Bank Windhoek Swakopmund ope strandvlugbalkampioenskap komende Saterdag by die Mole op die kusdorp aanbied.

Met maatreëls teen Covid-19 in plek sal dit die toernooi vir jonk en oud wees. Daar is afdelings vir senior mans, senior vroue, o.17-spelers, sosiale pare asook gemengde vier-aan-'n-kantspanne. Die ope kampioenskap is daarop gemik om Namibiese vlugbalspelers van alle streke te lok.

James Verrinder, direkteur van strandvlugbal van die NVF, sê: “Ons bedank Bank Windhoek vir sy volgehoue steun oor die jare.”

Me. Bronwyn Moody, hoof van korporatiewe maatskaplike beleggings, borgskappe en geleenthede van Bank Windhoek, sê die borg is trots om met die NVF verbind te wees.

“Ons wens al die deelnemers die beste toe en hulle moet onthou om aan die Covid-19-maatreëls gedurende die toernooi te voldoen,” het sy gesê.

Registrasie sluit vandag. Inskrywingsvorms kan by Verrinder per e-pos ([email protected]) of by sel. 081 455 4571 aangevra word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!