Momentum: Jan Taks gaan R50 mjd. tu00e9 min kry
Momentum: Jan Taks gaan R50 mjd. tu00e9 min kry

Momentum: Jan Taks gaan R50 mjd. té min kry

Hoewel die SA regering voorspel het hy gaan sowat 12,45% méér persoonlike inkomstebelasting insamel, is die groei tot dusver vanjaar net 6,9%.
Jan Cronjé – Tito Mboweni, minister van finansies, gaan waarskynlik ’n plan moet maak met sy begroting.

Momentum Investments voorspel Dinsdag dat weens die syfers wat reeds bekend is, gaan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) vanjaar waarskynlik sowat R50 miljard minder insamel as waarvoor begroot is.

Mboweni, sal na verwagting veranderinge in die geprojekteerde belastinginkomste vir die boekjaar 2018-’19 bekend maak wanneer hy op 30 Oktober die mediumtermynbegrotingsraamwerk, of minibegroting, in die parlement voorlê.

Herman van Papendorp, Sanisha Packirisamy en Roberta Noise, almal van Momentum, sê in ’n verklaring dat die SAID tekorte in die gesig staar wat betref persoonlike inkomste- én maatskappybelasting, asook belasting op toegevoegde waarde (BTW).

Hoewel die regering in Februarie voorspel het dat hy na verwagting sowat 12,45% méér persoonlike inkomstebelasting gaan insamel, is die groei tot dusver vanjaar net 6,9%. Dit is heelwat minder as die gemiddeld van die afgelope vyf jaar.

Sakeondernemings wat onder druk is beteken ook dat minder maatskappybelasting ingesamel is. BTW is ook minder as dieselfde tyd ’n jaar gelede.

“Ondanks die implementering van bykomende belastingverhogings soos die BTW-verhoging van 1% en die verhoging van belasting vir die boonste belastinggroep, is daar steeds belastingtekorte,” skryf Momentum.

“Daar is al meer kommer dat die land die grense bereik het om deur middel van belastingverhogings méér belasting in te vorder.

Edward Kieswetter, kommissaris van die SAID, het vroeër in Oktober vir Bloomberg gesê dit “gaan moeilik wees” om die teiken van R1 580 miljard te haal soos wat die tesourie voorspel het.

Kieswetter sê deel van die uitdaging is dat die SAID se hulpbronne “bloot omdat daar nie geld is nie, beduidend ingeperk is”.

“Tensy ons die hulpbronne het om [die diens] se vermoë te herbou, is die projek om die SAID te herstel in gevaar,” waarsku hy.

– Fin24/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!