Momentum-rugby maak ‘n verskil
’n Geruime tydjie het verloop sedert ek my laaste “Sê Maar Net” geskryf het, en hoewel ek by baie geleenthede my mening oor iets wou deel, was ons NMH-span vasgevang in ’n toetslopie om te kyk hoe ver ons ons teenwoordigheid op Facebook en soortgelyke sosiale platforms kon vat.
Met die rugbyseisoen wat pas ten einde geloop het, het ons ’n paar magiese wedstryde gesien waar, in AB van Wyk se woorde, “die beste gene in die land” tot eer van hul skool en Skepper by die Momentum-rugbybeker by die Hage Geingob-stadion op die veld gedraf het.
Die afgelope drie jaar dek ons hierdie hoogtepunt op die skolesport- en selfs die nasionale sportkalender op ’n heel ander vlak met regstreekse uitsendings.
Maar, soos met enige span wat iets in hul visier het, was daar baie om te leer en baie oefening wat ons moes insit voor ons soos ’n regte span kon saamwerk.
Die beginsels is eintlik baie soos dié van rugby.
Daar moet ’n span wees wat eerste ingaan, die eerste paar stampe en stote vat en posisie of kundigheid oor ’n onderwerp moet vaslê.
Dié span moet dan deur die tweede eenheid ondersteun word sodat hulle die basiese goedjies ongehinderd onder beheer kan kry, en waneer die tweede eenheid die geleentheid en inspirasie kry, kan ’n deurbraak gemaak word en kan die span ’n bietjie vorentoe beweeg.
Nou is dit die twee skakels se beurt. Eers moet die skrumskakel altyd kophou en onthou wat die span se korttermynkoers is en blitsvinnig kan besluit of die volgende poging die hele agterlyn sal behels of net ’n vinnige move aan die knap kant sal wees.
Die losskakel se rol is om kop te hou met die mediumtermyngeleenthede wat voorkom, asook om die gate in die opposisie se spel te sien en daar uit te probeer baat deur strategiese skoppe, skêre en ’n sidesteppetjie of drie.
Die senters moet vinnig kan dink, gatte kan slaan, en verdedig van die oggend tot die aand. Hierdie spelers sit die span se spel op die voorvoet en hanteer die verdediging sodat die vleuels die hele span se harde werk kan afrond en punte op die telbord kan kry.
Die heelagter is veronderstel om terug te hang en die pap te vang voor dit die vloer tref. Hoewel hierdie rol nie behels om baie onder ’n bondel boytjies vir die bal te baklei nie, is daar baie tye wanneer hulle hulself in situasies bevind waar die gevaar of geleenthede baie groot is.
Wanneer al hierdie dele as een begin werk, is dit nogal ongelooflik om te ervaar. Dis wanneer alle spanlede hul rol ken – en al staar die dood in hulle in die oog, staan elkeen vas in sy rol.
Deur swaar lesse en ’n paar verlore geleenthede waaruit geleer kan word, sal die span kort voor lank saam kan beweeg, gate in hul spel versterk en selfs vertroue op bou sodat jy weet daar is te alle tye ondersteuning knap langs jou.
Dis hoe ons span deur maande se opoffering, toewyding en swaar lesse gegroei het tot by die punt waar ons so in pas met mekaar is dat ons die grootste geleenthede met goeie vertroue in onsself kan aanpak.
En dit met Momentum.
Net soos Momentum-korttermynversekering al ’n lang pad met skolerugby in Namibië gestap het om dit op die ongelooflike vlak te kry waar dit nou is, maak die bou van momentum as ’n span jaar ná jaar ’n verskil.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie