Momentum STI hou boere aan die beweeg 11
Momentum STI hou boere aan die beweeg 11

Momentum STI hou boere aan die beweeg 11

Die eerste reën van die seisoen word dankbaar ontvang in die wete dat die lang droogte en sy sorge nie saam met eerste wolke op die horison verby is nie. Diere vrek op hope om bykans elke plaas in die land van die Noordweste tot diep in die Suide. Kommersiële boere voer een stryk deur en vir vele het die tyd aangebreek om weer te bereken hoe hulle met hul vee en aanplantings die volgende seisoen gaan haal. Trouens, in die plantareas rondom die Hardap-besproeiingskema is ooreengekom dat tot veertig persent van landerye nie bewerk sal word voor die dam nie 'n noemenswaardige invloei gehad het nie.
Plaaswerkers vind ander heenkome, geld om mee te voer word skaarser en van gerieflikheidsuitgawes is daar geen sprake meer nie.
In baie gevalle sukkel boere om met daaglikse uitgawes by te hou, kontantvloei is onder druk en begrotings word drasties gesnoei. Dit is welbekend dat selfs na die verwagte reënseisoen gekom het, is dit net die begin van n lang en harde stryd om weer op die been te kom.
Boere, uit die aard van hul besigheid, hou egter die primêre ekonomie aan die gang en voorsien werk, onder moeilike omstandighede, aan duisende mense op die platteland.
Die skade aan die nasionale veekudde as gevolg van vrektes en die uitvoer van lewendige diere is nog nie bereken nie, so ook nie die impak wat die groot hoeveelheid vroulike produksiediere wat van die veld af gehaal moes word ter wille van oorlewing nie.
Die sakesektor, veral finansiële instellings, dra ruim by tot die oorlewing van die boerderysektor, wetende dat die boere se rol in voedselvoorsiening die enjin van die ekonomie van Namibia bly. Boere is die groot werkverskaffers in die land en meer as gereeld, kry nuwe uitvindsels en goeie, gesonde sake-ondernemings hul beslag op boereplase. Om 'n boer in sy uur van nood te ondersteun is altyd 'n goeie belegging, want op sy beurt, skep sy besigheid nuwe geleenthede.
Momentum STI, n jong leier in die korttermyn versekeringsindustrie, besef die feite van die situasie waarin honderde werkende boerderye hulle bevind. Om die las te verlig, het Momentum STI aangekondig dat hy boere met kontantvloei gaan bystaan in Desember vanjaar.
Alle boere met korttermynverekering van Momentum STI, deur hul boerderypolisse, kan daarna uitsien om hul Desember premies in kontant terug te kry.
Volgens mnr. Johan Barnard, die uitvoerende bestuurder van Momentum STI, sal die laaste maand se premie, of ‘n bedrag gelykstaande aan een maand se premie, terugbetaal word aan polishouers in Desember.
"Dit is ons bydrae aan ons getroue kliënte om te toon dat ons weet hoe moeilik tye is. Die droogte hou net aan en is lank nog nie gebreek nie en boere het steun nodig om aan te hou diere voer of werkers te betaal. Daar is skoolgelde, brandstof en rantsoenrekeninge om te vereffen. Ons wil help om ons kliënte in hierdie moeilike tye staande te hou," het mnr. Barnard gesê.
Momentum glo en vertrou dat die gebaar die boer en sy werkers sal bystaan in hierdie feesgety en die druk so te verlig en daarmee ook bewys dat hulle spreekwoord wat lui “What matters to you, matters to us” nie net leë woorde is nie, maar dat hulle werklik probeer om hul kliente by te staan, selfs met meer as wat van hulle verwag sou kon word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!