Monroe se Golden Globe, Thunderbird opgeveil
Marilyn Monroe se Golden Globe wat sy in 1961 gewen het, is vir $250 000 verkoop, die meeste wat tot nog toe vir ’n Golden Globe betaal is.
Die beeldjie is deur Julien’s Auctions in Beverly Hills, Kalifornië, opgeveil.
Monroe het die Golden Globe-eerbewys as gunsteling-aktrise van die Hollywood Foreign Press Association ontvang.
Buiten haar Golden Globe is Monroe se swart 1956-Ford Thunderbird die eerste keer opgeveil. Die voertuig is vir $490 000 verkoop.
Monroe is in 1956, kort nadat sy en Arthur Miller getroud is, afgeneem waar sy dié motor bestuur.
Sy was ses jaar lank, tot kort voor haar dood in 1962, die eienaar en het dit vir Lee Strasberg, wat haar help afrig het, se seun as geskenk gegee.
Die anonieme koper het die voertuig met behulp van registrasie- en ander dokumentasie opgespoor.
Die eerste Playboy met Monroe op die voorblad en onderteken deur Hugh Hefner, stigter van die tydskrif, is vir $32 000 opgeveil.
– Reuters, verwerk/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie