Monsterkoue glo op pad
Elvira Hattingh – Báie koue, winderige en reënerige toestande word môre (Vrydag) in die ||Karas-, Hardap en Westelike platorand verwag, sê die Namibiese weerkantoor.
Terselfdertyd sal die yskoue weer na verwagting teen Saterdag na die sentrale en oostelike dele van die land versprei.
Die nie-regeringsorganisasie LandWater, wat satellietdata wetenskaplik ontleed, het verduidelik dat twee kouefronte by die suidpunt van die Afrika-vasteland verwag word. Die een land reeds vanmiddag in die Kaap, terwyl die tweede môre verwag word.
LandWater meen die tweede front sal die potensiaal op die voorkoms van sneeu in die buurland verhoog, terwyl swaar reën in die gebiede vandag en môre verwag word.
“Dit anker oor die suid-noordliggende Kaapse Plooiberge, met uitgebreide en potensieel swaar dekking langs die Weskus tot in die Noord-Kaap en selfs in suid-Namibië,” sê LandWater oor die verwagte reën.
“Sneeu is vanaf Vrydagmiddag tot Saterdag ‘n moontlikheid, met die sterkste sneeuneerslag wat oornag verwag word namate die tweede fronte hul greep versterk.
“Dit anker meestal langs die suidelike platorand, met die Ceres-Tulbagh-omgewing as suidwestelike ankerpunt.
“Verwag uitgebreide koue vanaf Sondagoggend en dan weer vanaf Dinsdagoggend oor etlike oggende in die nuwe week,” waarsku LandWater.
Waarskuwings oor rukwinde is ook gerig, veral op Donderdag en Saterdag, wat stormsterkte en selfs orkaansterkte kan bereik
“Dit sal uitgebreid geanker wees oor die Wes-, Noord- en Oos-Kaap, uitbrei oor Lesotho en langs die oostelike platorand asook oor dele van Limpopo, Mpumalanga en suidelike Namibië,” waarsku LandWater.
LandWater waarsku op uiterste brandgevare weens die sterk wind, veral op warmer plekke waar dit nie reën nie.
FOTO: Die naderende kouefronte, waarvan die eerste reeds vanmiddag by die Kaap sal aanland. Suomi-NPP @ 14:35-45 SAST 8 Jul 2020

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie