Monumente
Monumente

Monumente

Mandy Rittmann
WILLEM DE WET SKRYF:

Ek dink ek het 'n oplossing!

Kom ons breek alle monumente in SA en Namibië af en gaan maak hulle staan op 'n stuk neutrale grond met 'n moerse heining om en 'n hek waar jy ingangsgeld betaal om te kan gaan kyk na dit wat jy wil sien.

Dit is te sê, as jy dit wil sien. Uit die oog, uit die hart!

Ek bedoel nou alle monumente. Jan van Riebeeck, Henties se galg, Shaka, Curt von Francois, die Kat op Stellenbosch, Nelson Mandela, die skaapherder op Keetmans, Rhodes, die galgtoneel voor die Alte Feste, die bul op Gobabis, die vryheidsvegter by Heldeakker en alle ander goed wat nie 'n hartklop het nie en iets of iemand uit die geskiedenis verteenwoordig.

En dan verban ons enige vorm van monumentele erkenning en verewiging van hier af aan. Ons brand alle geskiedenisboeke uit en ons verf die San-tekeninge toe. Breek die gedenknaalde af en ons stoot alle tradisionele villages en flambojante staatshuise plat. Alle straatname word verwyder en strate kry nommers.

Geen kind mag 'n naam kry wat iets te doen het met die verlede of iemand uit die verlede nie en ons loop kaalgat rond. Letterlik en figuurlik kaalgat, want iemand met 'n kleur het 'n broek uitgevind en skoen begin dra en dit is polities nie korrek om jou met die simbool van vindingrykheid te vereenselwig nie, want daardie ou was dalk wit of dalk swart.

Ons loop te voet, want Ford was wit en ons stryk die nuwe Namibiese vlag, want die vryheidsvegters was swart.

Mieliepap word groen gedye en karre kom in enige kleur behalwe swart of wit. Ons reset breine om zombiestatus te verkry en ons strompel rond met 'n 35% slaagsyfer en geen kennis van waar ons vandaan kom en geen plan waar ons heen op pad is nie.

Lewe op die eiland wat ons ken as Aarde, word 'n werklikheidsreeks gebaseer op Lord of the Rings en ons verval in absolute selfverwoesting met katastrofiese gevolge en ons vernietig mekaar en alle waardes en norme. Ons raak weer barbare soos ons eens was, sonder 'n gister en geen hoop vir 'n môre.

Sommige mense en denke word gebore om 'n las op die samelewing te plaas en ons probleem is dat ons dit toelaat en aanvaar. Dit het absoluut niks met kleur te doen nie, maar ons laat toe dat 'n gek minderheid ons dade en denke so beïnvloed en oorheers dat ons in ons wese en wandel almal soos gekke lyk.

Nee! Ek is ek en ek is trots op wie en wat ek is en bo alles wil ek 'n trotse Namibiër wees.

Kom ons los mekaar se goed uit en bou iets vir die toekoms, wat uit ons verlede 'n trotse toekoms met betekenis sal nalaat. Met die onsinnige debat en versette oor dinge uit die verlede gaan ons nie vorentoe nie.

Los my standbeelde en ek los joune en dan maak ons nuwe standbeelde vir ons kinders en ons nageslag waarop ons en hulle trots kan wees.

'n Dak staan op 'n muur en 'n muur staan op 'n fondasie. Nie die muur of die dak hoef die fondasie erkenning te gee vir die stabiliteitsrol wat dit speel nie, maar nie die muur of die dak sal staande bly as dit nie vir die fondasie is nie.

Ons fondasie is ons herkoms. Ons suksesse en ons foute ingesluit. Ons kan dit nie weg wens nie en ons moet dit vaspen in geskrifte en monumente, sodat daar vir die toekoms 'n rekord kan wees van wat ons reg en verkeerd gedoen het, sodat die nageslag kan besin oor wat hulle weer kan doen en ook wat hulle nooit weer moet doen nie.

Sou ons die fondasie uitvee, sal dieselfde foute in die toekoms weer en weer gemaak word en die dak en die muur sal langs die fondasie op die rommelhoop beland. En as die stof gaan lê, sal hierdie geslag van vandag daarvoor verantwoording moet doen.

Los die verlede en fokus op 'n beter hede met nalatenskap waarop ons trots kan wees. Soos ons nou aangaan, laat ons net skandvlekke en skade waarop niks en niemand trots kan wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!