Moody’s dalk nié deur begroting gepaai
Moody’s is die laaste groot gradeerder wat staatskuld op beleggingsgraad gradeer.
Hanlie Stadler – Die risiko dat Suid-Afrika tot volslae rommelstatus afgegradeer gaan word, het Woensdag groter geword.
Lullu Krugel, hoofekonoom van PwC Strategy, en dr. Christie Viljoen, ekonoom, sê hoewel Moody’s Investors Service “ ’n bietjie goeie nuus” in die begrotingsoorsig sal vind, het die meeste van die syfers wat die kredietgradeerder dophou, verswak.
Moody’s is die laaste groot gradeerder wat staatskuld op beleggingsgraad gradeer. Die vooruitsig vir die gradering is in November in negatief verander en Moody’s besluit weer op 27 Maart oor die gradering.
Die tesourie voorspel nou dat staatskuld in 2022 tot R4 380 miljard gaan opskiet. Dit sal die skuld-tot-BBP-verhouding tot ’n rampspoedige vlak van 71,6% laat styg, 0,3 van ’n persentasiepunt hoër as wat die tesourie in die mediumtermynbegrotingsraamwerk in Oktober verwag het.
Krugel en Viljoen sê hoewel die verandering sedert Oktober nie erg is nie, is die vooruitsig baie erger as ’n jaar gelede. Dis reeds baie hoër as die vlak van 60%, waarna die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) in die verlede as ‘ongemaklik’ verwys het.
IMF gaan SA nie ‘red’ nie
Krugel en Viljoen sê bespiegelings dat die IMF die land gaan uithelp, is misplaas. Die IMF help lande net indien hulle ’n “krisislening” nodig het, en Suid-Afrika is nie daar nie.
“Die land ervaar nie enige van die groot risiko’s wat dit sal laat kwalifiseer nie: ’n natuurramp, groot wisselinge in hulpbronpryse, kapitaalvloei-wisselvalligheid, of ’n betalingsbalanskrisis. Krisislenings word ook net op versoek toegestaan en Suid-Afrika het nie ’n reddingsboei versoek nie.
“Selfs as die land wel so ’n versoek rig, is ’n reddingsboei nie ’n kontantgeskenk nie, maar nóg ’n lening wat staatskuld laat toeneem.”
Nie een van die gradeerders het al op die begrotingsoorsig gereageer nie.
Die begrotingsoorsig gee sélf toe dat die risiko van ’n afgradering toegeneem het. “Inderdaad, die pad vorentoe vir die land se soewereine graderings is allesbehalwe rooskleurig.”
Tito Mboweni, minister van finansies, het op ’n nuuskonferensie voor sy begrotingsrede in antwoord op ’n vraag oor Moody’s gesê hy hoop gradeerders kyk na hul fiskale standpunt en sien dat die tesourie vasbeslote is om skuldvlakke te verlaag – al verswak die skuldvlakke op mediumtermyn.
Hy het egter ook gesê hy verwag dat gradeerders die land ’n “bietjie van ’n klap” sal gee. “Ons sal dit absorbeer, want ons het onsself klaar geklap.
“Dit opper ’n belangrike punt: Ons móét ons sake in orde kry.”
Mboweni het die Afrikaanse woord “klap” gebruik. Sy frase was “bit of a klap”.
Die PwC-span reken dit is goeie nuus dat daar minstens probeer gaan word om die staat se enorme salarisrekening aan te pak, asook die beoogde hervormings waarmee die land se ekonomie aan die brand geskop moet word. Die beloftes van strukturele hervorming was die afgelope paar keer die “buffer teen afgradering” vir Moody’s.
“Die werklikhede is egter dat verwagtinge oor ekonomiese groei verlaag is, besteding nie beduidend besnoei is nie, en die begrotingstekort opgeblaas het.”
Heelwparty ekonome verwag ’n afgradering deur Moody’s vanjaar, maar daar is nie juis konsensus of dit in Maart of in November gaan gebeur nie.
“Iets moet gedoen word, en baie vinnig, om ’n afgradering te vermy. Dis high noon at the Last Chance Saloon.”
Prof. Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit se sakeskool, sê as die begroting in sy geheel beskou word, bly dit ’n ope vraag of genoeg gedoen is om ’n afgradering af te weer. “Dit sal waarskynlik naelskraaps wees in die lig van die ekonomiese en fiskale dwarsstrome wat in die begroting weerspieël word.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie