u2018Moodyu2019s gu00e1u00e1n SA afgradeer u2013 maar nie nou nieu2019
u2018Moodyu2019s gu00e1u00e1n SA afgradeer u2013 maar nie nou nieu2019

‘Moody’s gáán SA afgradeer – maar nie nou nie’

Ramaphosa se stimuluspakket word as ’n betekenislose aankondiging beskryf, veral ná Malusi Gigaba net meer verwarring gesaai het oor visumregulasies.
Hanlie Stadler – Moody’s Investors Service gaan Suid-Afrika afgradeer, maar dit gaan geleidelik gebeur, glo die gerekende ontleder Peter Attard Montalto.

Montalto is onlangs aangestel as hoof van kapitaalmarknavorsing by die Suid-Afrikaanse navorsingsfirma Intellidex. Hy was voorheen in ’n soortgelyke pos by die beleggingsbank Nomura.

In sy eerste navorsingsverslag vir Intellidex ontleed Montalto die land se ekonomiese uitdagings, pres. Cyril Ramaphosa se stimuluspakket en die potensiële invloed van 2019 se algemene verkiesing.

Ramaphosa se stimuluspakket word droogweg beskryf as ’n betekenislose aankondiging, veral nadat Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, net meer verwarring gesaai het oor visumregulasies – die een ding wat volgens Montalto wél ’n positiewe aankondiging in die stimuluspakket was.

“Ons vind dit werklik moeilik om enige voordeel uit die stimuluspakket in potlood in te vul. Dis inderwaarheid die werklike toets – hoe dit ons model en vooruitskatting raak.”

Dis egter Montalto se pessimistiese siening oor Moody’s wat die mark senuagtig kan maak, gegewe dat dit Suid-Afrika op volslae rommelstatus te staan sal bring. Suid-Afrika sal dan uit die Citi World Government Bond Index val omdat dit net beleggingsgraadeffekte insluit. Miljarde rande wat buitelandse pensioenfondse hier belê het, sal onttrek word, wat die rand kan laat tuimel.

“Ons glo dat Moody’s, baie stadig, die hoop opgee van langtermyngroei wat die skuld-tot-BBP-verhouding betekenisvol op ’n afwaartse pad sal bring.”

Hy sê Moody’s het ook ’n nuwe komitee en ontleder vir Suid-Afrika.

Hy verwag egter ’n “besonder lang proses” voordat Moody’s ten volle afgradeer. Moody’s sal na verwagting ná die Februarie-begrotingsrede sy vooruitsig van stabiel in negatief verander en dan ná die mediumtermyn-begrotingsraamwerk (MTBR) van Oktober 2019 afgradeer.

Tesame met die land se “fiskale prentjie” is veral grondhervorming vir Intellidex ’n groot risiko vir die land se gradering.

Moody’s se volgende graderingsbesluit is op 12 Oktober. Die MTBR vir 2018 is op 24 Oktober.
– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!