Moody's gradeer 5 SA banke, 10 munisipaliteite af
Die internasionale kredietgraderingsagentskap Moody's het Maandag onder meer die kredietgraderings van Suid-Afrika se vyf grootste banke en tien munisipaliteite afgegradeer.
Die vyf banke is Standard Bank, FirstRand, Absa, Nedbank en Investec.
Dit volg op die onlangse afgradering van die land se krediet weens die “Suid-Afrikaanse regering se verswakte kredietprofiel”.
Moody's het ook gesê die “uitdagende bedryfsomgewing in Suid-Afrika” het ook bygedra tot ekonomiese agteruitgang en verswakte makro-ekonomiese groei.
Die kredietgraderingsagentskap het Vrydag die land se gradering vir plaaslike en buitelandse krediet afgegradeer van Baa2 na Baa3, net bo rommelstatus.
David Maynier, die DA se woordvoerder oor finansies, sê die negatiewe gevolge van pres. Jacob Zuma se onlangse kabinetskommeling versprei soos 'n siekte deur die Suid-Afrikaanse ekonomie.
Die rand is nie deur die afgraderings geraak nie en het Maandagaand nog 0,92% sterker teenoor die dollar verhandel.
Barclays Africa (Absa), Standard Bank en FirstRand se aandele het onderskeidelik 1,71%, 0,77% en 0,7% hoër verhandel. Nedbank en Investec se aandele het onderskeidelik 1,95% en 0,68% laer verhandel.
Van die instansies wat deur die afgradering geraak word, sluit in: MTN; Sanral; die Johannesburg-metro; City Power in Johannesburg; die Ekurhuleni-metro; die Kaapstad-metro; die Mangaung-metro; die Amathole-distriksmunisipaliteit; die Breedevallei-distriksmunisipaliteit; die Mbombela-munisipaliteit en die Rustenburg-munisipaliteit. - Netwerk24/Fin24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie