Moody’s nie beïndruk met Cyril se steunpakket
’n Kredietgradeerder sê hy verwag ’n “wesenlike agteruitgang” in Suid-Afrikaanse banke se kredietrisiko-blootstelling weens dié pakket.
Elvira Wood
Die steunpakket ter waarde van R500 miljard gaan nie keer dat Suid-Afrika se ekonomie in 2020 met sowat 6,5% inkrimp nie.
Boonop gaan dit meebring dat die tekort op die begroting sowat 13,5% van die bruto binnelandse produk beloop.
’n Waarborgskema van R200 miljard in vennootskap met die groot kommersiële banke, die nasionale tesourie en die Suid-Afrikaanse Reserwebank wat deel vorm van dié pakket, is boonop nié goeie nuus vir die land se banke nie.
Dit is die mening van die kredietgradeerder Moody’s Investors Service wat Maandag sy mening oor dié hulppakket gepubliseer het.
Moody’s sê hy verwag ’n “wesenlike agteruitgang” in Suid-Afrikaanse banke se kredietrisiko-blootstelling weens dié pakket.
Moody’s het reeds op 1 April met die mes onder die land se grootste banke ingeklim en al vyf se skuldgraderings tot rommelstatus afgegradeer.
Dit kom nadat Moody’s einde Maart Suid-Afrika se skuldgradering tot onder beleggingsgraad verlaag het en volg kort op Fitch Ratings se besluit om sy kredietgradering van banke verder te verlaag.
BEKOMMERD
Moody’s is veral bekommerd oor óf maatskappye wat geld as deel van dié pakket by banke gaan leen, dit gaan kan terugbetaal of nie.
Daar is definitiewe kommer oor die winsgewendheid van banke aangesien kliënte minder sake gaan doen.
Moody’s verwag nie dat die regering banke finansieel sal kan uithelp nie, gegewe sy finansies self onder groot druk is.
Die kredietgradeerder het geen aanpassing aan sy vooruitsig op Suid-Afrika se skuld gedoen nie. Dit bly steeds negatief.
Koos Coetzee, ’n onafhanklike ekonoom, het in ’n onlangse blitspeiling oor die steunpakket wat Netwerk24 onder ekonome gedoen het, gesê dat Moody’s waarskynlik van die steunpakket gaan hou, maar dat die kredietgradeerder waarskynlik bekommerd gaan wees oor die hoër totale skuld wat dit vir die land bring.
Chris Harmse, ekonoom by Rebalance Fund Managers, sê hy dink alle kredietgradeerders gaan vir eers ’n wag-en-sien-houding hê voordat enige dramatiese besluite oor enige kredietgraderings geneem gaan word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie