Moodyu2019s: Su00f3 daal stede se inkomste uit krag
Moodyu2019s: Su00f3 daal stede se inkomste uit krag

Moody’s: Só daal stede se inkomste uit krag

Nellie Brand-Jonker – Beurtkrag is sleg vir munisipaliteite omdat dit groot kraggebruikers aanmoedig om van hul netwerk af te klim en alternatiewe bronne van krag te gebruik, volgens Moody’s Investors Service.

Kragverkope is die grootste bron van inkomste vir munisipaliteite.

Kragverkope het in die 2018-boekjaar gemiddeld tot 35% van die totale bedryfsinkomste van die meeste stede, en 45% van die plaaslike munisipaliteite wat Moody’s gradeer, bygedra.

Volgens Moody’s het alle stede die afgelope drie jaar ’n daling in die bydrae van kragverkope tot hul bedryfsinkomste beleef omdat verbruikers, veral groot verbruikers, hulle na alternatiewe kragbronne gewend het.

Tshwane, wat Pretoria insluit, het die grootste daling ervaar, gevolg deur Johannesburg en Nelson Mandelabaai, wat Port Elizabeth insluit.

Stede begroot reeds vir laer inkomste uit kragverkope in die verwagting wat nóg groot verbruikers na alternatiewe kragbronne sal draai en deels of heeltemal van die netwerk sal gaan.

Boonop het die minister van energie in Mei vanjaar aangekondig die regering gaan meer lisensies aan onafhanklike kragverskaffers begin uitreik. “Ons verwag dat dit die daling in munisipaliteite se inkomste oor mediumtermyn gaan versnel omdat meer groot verbruikers van die netwerk sal afgaan,” het Moody’s in ’n navorsingsverslag gesê.

Johannesburg het omtrent ’n 25%-daling in sy inkomste van groot verbruikers tussen die 2017- en 2018-boekjaar aangemeld.

“Ons verwag ’n daling van 25% in die inkomste van groot verbruikers vir al die stede wat ons gradeer in die komende drie jaar.”

Tshwane en Ekurhuleni in Gauteng, wat die grootste blootstelling aan groot verbruikers het, gaan die meeste geraak word.

Die daling in inkomste gaan waarskynlik munisipaliteite se vermoë om basiese dienste aan die publiek te lewer, beperk. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!