• Tuisblad
  • Sake
  • Moody’s skepties oor Eskom se plan met R100 mjd. skuld
Moodyu2019s skepties oor Eskom se plan met R100 mjd. skuld
Moodyu2019s skepties oor Eskom se plan met R100 mjd. skuld

Moody’s skepties oor Eskom se plan met R100 mjd. skuld

Elvira Wood – Die kredietgradeerder Moody’s Investor Service is baie skepties of dit so ’n goeie plan is dat die staat R100 miljard van sy skuld oorneem.

Business Day het oorspronklik op 4 Desember berig Eskom maak dié voorstel as deel van sy reddingsplan.

Moody’s sê Woensdagaand in ’n verklaring dat die enigste manier waarop dié plan nié ’n groot risiko vir Suid-Afrika se eie kredietgradering gaan inhou nie, is as daar ’n behoorlike plan in plek is om Eskom weer finansieel volhoubaar te maak. Dit sluit in dat sy aansoek om kragtariewe vir die volgende drie jaar met 15% per jaar te verhoog deur die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) goedgekeur word en dat hy sy kapitaalbestedingsprogram en bedryfskoste onder beheer kry.

“Daar is egter geen versekering dat dit die geval gaan wees nie,” waarsku Lucie Villa, Moody’s se hoofontleder vir Suid-Afrika, in die verslag.

“Eskom het al twee keer die bekendmaking van sy omkeerstrategie uitgestel weens die kompleksiteit daarvan, laat staan maar om dit op so ’n wyse toe te pas dat dit likiditeit en solvensie volhoubaar herstel,” waarsku sy.

Villa sê benewens dié plan gaan dit noodsaaklik wees dat Eskom sy agterstallige skuld by munisipaliteite insamel én dat Nersa sy aansoek om ’n tariefverhoging sal goedkeur.

Villa waarsku verder dat ’n verhoging van 15% steeds nie genoeg gaan wees om te keer dat Eskom selfs nóg meer skuld sal moet aangaan om kop bo water te hou nie.

Sy verduidelik dat hoewel Moody’s nie staatswaarborge aan staatsondernemings by sy staatskuldberekeninge insluit nie, word daar tog in ag geneem wat die kans is dat die staat dit wel vanuit sy eie balansstaat sal moet betaal.

Moody’s is baie bekommerd oor die skerp styging in Eskom se skuldlas.

“Teen einde Maart 2018 het Eskom se skuld ongeveer tien keer die verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie (ebitda) beloop.”

Eskom het tans staatswaarborge vir R252 miljard van die R419 miljard wat hy skuld.

Moody’s sê verder Eskom se finansiële profiel is een wat gewoonlik nie vir ’n lopende saak volhoubaar is nie.

Sou die staat die R100 miljard skuld oorneem soos wat Eskom voorspel, reken Moody’s dit sal Suid-Afrika se verhouding van skuld tot bruto binnelandse produk met sowat 2% tot 55,8% in 2019 verhoog.

Natasha Mazzone, DA-LP, sê as dit waar is dat Eskom dié voorstel gemaak het, sal dit die grootste reddingsboei vir enige staatsonderneming wees.

“Dit sal alle vorige reddingsboeie in die skadu stel,” sê sy.

Die voorstel blyk ook in teenstelling te wees met die tesourie se planne vir Eskom se skuld.

“Dit lyk asof Eskom dié voorstel reeds in die mark bekend maak, hoewel Tito Mboweni, minister van finansies, die eerste naweek in Desember gesê het Eskom moet internasionale effektemarkte nader eerder as om te vra dat die staat weer eens ’n reddingsboei aan hom gee.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!