Moody’s skets donker prentjie van SA
Die besluit om gratis hoër onderrig in Suid-Afrika uit te brei, word in ’n nuwe verslag deur Moody’s uitgelig as een van die gevaarligte vir die staat se geldsake in 2018.
Die kredietgradeerder, Moody's Investors Service, – wat Suid-Afrika se gradering in November op hersiening geneem het en teen einde Februarie sy beslissing moet lewer – beskryf pres. Jacob Zuma se Desember-aankondiging oor hoër onderwys as ’n “populistiese maatreël”. Moody’s skryf dit toe aan stygende druk op die regering in aanloop tot die algemene verkiesing in 2019.
Moody’s se verslag oor Afrika suid van die Sahara lig ook ander lande op die vooraand van verkiesings uit, soos Botswana en Nigerië, waar regerings na sy mening sal swig en populistiese besteding doen wat dié lande nie werklik kan bekostig nie.
Fiskale druk – veral weens staatswaarborge aan staatsondernemings soos Eskom, die Nasionale Padagentskap (Sanral), die Poskantoor en die Suid-Afrikaanse Lugdiens – is een van die redes waarom Moody’s Suid-Afrika moontlik tot rommelstatus kan afgradeer.
Die besluit word enige dag ná Malusi Gigaba, minister van finansies, se begrotingsrede op 21 Februarie verwag. Gigaba het reeds in Oktober gewaarsku dat belasting verhoog gaan word.
Vooruitsig vir ekonomiese groei ongunstig
Fitch Ratings het Suid-Afrika in April tot volslae rommelstatus afgegradeer en Standard & Poor’s Global Ratings het staatskuld in buitelandse geldeenhede in April tot rommelstatus afgegradeer en staatskuld in rand in November.
Moody’s is ook bekommerd oor die vooruitsigte vir ekonomiese groei, wat die staat se belastinginkomste beïnvloed, en oor ongelykheid in die samelewing, wat die potensiaal vir maatskaplike onrus skep.
Zuzana Brixiova, Moody’s se visepresident en medeskrywer van die verslag, waarsku dat Suid-Afrikaners se reële inkomste in 2018 sal stagneer – wat beteken dat enige styging in inkomste nie met inflasie sal tred hou nie – en dat dit maatskaplike spanning kan vererger. Dit kan die oproep vir herverspreiding – oftewel radikale ekonomiese transformasie, soos Zuma dit gedoop het – luider laat opklink “ten koste van strukturele hervormings en die mediumtermyn-groei-agenda”.
Brixiova skryf in die verslag: “Ons negatiewe vooruitsig vir Afrika-lande weerspieël die gedempte herstel van groei in die streek, fiskale uitdagings en verhoogde politieke risiko’s.
“Hoër en meer stabiele wêreldgroei sal ’n beperkte hulp vir Afrika se groei wees omdat hulpbronpryse nog laag is en daar plaaslike strukturele bottelnekke is.”
Die hele Afrika suid van die Sahara het oor die volgende 12 tot 18 maande ’n negatiewe vooruitsig.
Moody’s verwag groei vir die streek van 3,5%, teenoor die geraamde groei vir 2017 van 2,6%. Die risiko van swak geldeenhede word ook uitgesonder.
Uit die 20 lande wat Moody’s gradeer, het nege ’n negatiewe vooruitsig of is hulle onder hersiening.
In 2017 is die drie grootste ekonomieë van die streek – Suid-Afrika, Angola en Nigerië – almal met een vlak afgegradeer. Namibië, Gaboen en die Kongo is ook afgegradeer en Kenia is op hersiening vir ’n afgradering. Senegal was die enigste opgradering en Swaziland is vir die eerste keer gegradeer. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie