Moody's stoot Anglo se gradering op
Die Suid-Afrikaanse mynreus Anglo American het goeie nuus van Moody's gekry. Die kredietgraderingsagentskap het Anglo se kredietgradering van Ba2 na Ba1 verhoog.
Moody's maatstaf vir die waarskynlikheid dat Anglo nie sy skuld sal kan terugbetaal nie, is ook verbeter van Ba2 tot Ba1. Ba1 is nog een trappie onder beleggingsgraad.
Dit is die tweede kredietopgradering sedert Moody's Anglo in Februarie 2016 met drie trappe afgegradeer het tot onder beleggingsgraad.
“Ons het Anglo American se gradering na Ba1 met 'n positiewe vooruitsig verhoog om die maatskappy se verbeterde kredietprofiel te weerspieël. Dit volg op versnelde skuldvermindering in 2016 en 'n verbetering in kontantvloei,” sê Elena Nadtotchi, Moody's se hoofontleder vir Anglo.
“Anglo se vermoë om sy finansiële beleid, insluitend die dividendbeleid uit te voer, sal 'n kernrol speel om die verbeterde finansiële profiel en hoër gradering te handhaaf,” sê sy.
Die opgradering weerspieël ook die agentskap se siening dat Anglo doeltreffende stappe gedoen het om aan te pas by die nuwe omgewing van hoogs wisselvallige hulpbronpryse. Die maatskappy het koste besnoei en sy ystererts-bedrywighede se veerkragtigheid verbeter.
Die onlangse herstel in hulpbronpryse het die maatskappy se verdienste tot US$6,1 miljard gelig, vergeleke met US$4,9 miljard in 2015. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie