Moodyu2019s: Te vroeg om oor SA te besluit
Moodyu2019s: Te vroeg om oor SA te besluit

Moody’s: Te vroeg om oor SA te besluit

Daar gaan na die besonderhede van die nasionale begroting gekyk word om te sien of die regering besteding in toom hou en sy inkomste aanvul.
Die internasionale kredietgraderingsagentskap Moody’s sê sy onlangse besluit oor Suid-Afrika se kredietgradering is nog “vars” en dit is nog “te vroeg” om te oordeel of rommelstatus nodig is vir die land.

“Ons negatiewe vooruitsig is betreklik vars,” het Lucie Villa, hoofontleder van Moody’s Suid-Afrika, in ’n onderhoud Dinsdag by ’n konferensie in Londen gesê.

Volgens Villa soek Moody’s tekens van ’n “geloofwaardige mediumtermynvisie” vir Suid-Afrika voordat daar besluit gaan word of die land na rommelstatus afgradeer moet word.

Sy sê ook dit is nog “effens te vroeg” om die regering se beleid en strukturele hervorming te oordeel nadat die vooruitsig op die kredietgradering sowat drie maande gelede na negatief verander is.

Volgens haar dui inligting oor ekonomiese groei “nie ’n positiewe of ’n beduidende negatiewe rigting aan nie”.

“Daar is niks werklik wat op die oomblik ’n sein stuur nie.”

Moody’s gaan wel na die besonderhede van die nasionale begroting van 26 Februarie kyk om te sien of die regering besteding in toom hou en inkomste aanvul.

“Die groot vraag vir my is aan die belastinginkomste-kant, want dit is nou al meer as ’n jaar wat hulle probeer om belastingnakoming te verbeter,” sê sy. “Ek glo daar is potensiaal daar.”

Oor Eskom sê sy die gradering van dié staatsonderneming toon sy finansiële posisie gaan agteruit en dat die regering weer hulp sal moet gee.

“Ons glo dat die regering die kapitaal sal moet verskaf en die belastingbetaler sal die een wees wat daarvoor betaal.”

Sommige ontleders verwag Moody’s gaan op 27 Maart die land se kredietgradering tot rommelstatus verlaag wanneer die graderingsagentskap sy volgende ontleding doen.

Villa sê egter dié datum is tentatief en Moody’s hoef nie daarby te hou nie.

“Die vooruitsig is negatief, so wat ons probeer toon is nie noodwendig ’n onmiddellike afgradering nie.” – Bloomberg/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: New Zealand 33 vs 13 Australia LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A