Moody's: Virus gaan ernstige impak op Afrika hu00ea
Moody's: Virus gaan ernstige impak op Afrika hu00ea

Moody's: Virus gaan ernstige impak op Afrika hê

William Horne



Op die vooraand van Moody's se besluit of hy Suid-Afrika tot rommelstatus gaan afgradeer, waarsku hy dinge lyk nie goed nie.

Die kredietgradeerder het Donderdag 'n verslag oor Afrikalande uitgereik wat hul ekonomiese vooruitsigte in die lig van die verergerende Covid-19-pandemie uitlig.

“Die globale skok van die coronavirus gaan 'n ernstige makro-ekonomiese en finansiële impak op Afrikalande hê,” sê David Rogovic, adjunkpresident van Moody's.

“Selfs met die spesifieke fiskale en monetêre stimuluspakkette wat verskeie lande en sentrale banke al aangekondig het, sal die wêreldwye skok die ekonomiese groei van Afrika aansienlik beperk.”

Bo en behalwe die effek van die virus self gaan die sluiting van grense, ontwrigting van handel, daling in die prys van kommoditeite en onstuimigheid van finansiële markte “kredietomstandighede” vir talle lande erg laat verswak. Inkomste uit uitvoer gaan ook beduidend verswak, wat nog druk op reeds beleërde lopende rekeninge gaan plaas.

Moody's besluit Vrydagaand of hy Suid-Afrika tot onder beleggingsgraad gaan afgradeer.

Ontleders is al 'n geruime tyd oortuig daarvan dat die kredietgradeerder wel sal besluit om Suid-Afrika af te gradeer, maar daar is ook 'n pleidooi dat die besluit uitgestel moet word in die lig van Covid-19. Die effek daarvan is wel al grootliks ingeprys op markte.

Suid-Afrika se beleërde staatskas was vantevore reeds kommerwekkend vir Moody's en met 'n jaar lange resessie wat nou weens Covid-19 dreig, sal die land se fiskale toestand waarskynlik net verder agteruit boer.

Die pandemie het markte en die rand die afgelope weke erg wisselvallig gemaak en daar is ontleders wat glo 'n afgradering deur Moody's, hoewel nou nie goeie nuus nie, is nie juis meer die probleem van die dag nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!