Moody's vrees Landbank word dalk nie gered
Moody's vrees Landbank word dalk nie gered

Moody's vrees Landbank word dalk nie gered

Boonop is dié bank in moeilike bedryfstoestande bedrywig en sukkel hy om 'n permanente uitvoerende hoof aan te stel.
Nellie Brand-Jonker - Die internasionale krediet­graderingsagentskap Moody's Investors Service het Landbank tot rommel afgegradeer weens die vrees dat die regering dalk nie dié staatsonderneming sal red indien nodig nie.

Moody's het ook sy vooruitsig oor Landbank se gradering na negatief verander nadat sy hersiening, wat in November begin het, afgehandel is.

“Die afgradering ­weerspieël Moody's se evaluering dat die voortgesette fiskale probleme van die staat daarop dui dat die regering meer selektief gaan wees met watter onder­steuning hy aan staatsondernemings gee,” lui 'n verklaring.

Moody's het die telling wat aan regeringsteun toegeken word wanneer die gradering bepaal word, verlaag.

“Die negatiewe vooruitsig weerspieël hoofsaaklik die toenemende risiko dat die regering se vermoë om Landbank te ondersteun ingeval van nood, kan verswak.”

Die risiko is reeds weerspieël in die negatiewe vooruitsig op die staat self se gradering.

“Die gradering van die land toon die wesenlike risiko dat die regering nie daarin kan slaag om die agteruitgang in sy finansies te stuit met 'n herlewing van ekonomiese groei en maatstawwe vir fiskale konsolidasie nie.

“Enige verswakking in die regering se kredietprofiel of sy bereidwilligheid om Landbank te ondersteun, kan lei tot 'n afgradering.”

Boonop is Landbank ook in moeilike bedryfstoestande bedrywig en sukkel hy om 'n permanente uitvoerende hoof aan te stel.

“Dit plaas druk op sy finansiële ­vertoning en beleggersvertroue.”

“Hoewel Moody's erken die bank het stappe gedoen om sy korporatiewe bestuur te versterk in die lig van die algemene fokus op staatsondernemings, is die uitgerekte ­afwesigheid van 'n permanente uitvoerende hoof kommerwekkend.”

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!