Mooi loop, meester Sidney
MEESTER SIEGFRIED GOEIEMAN SKRYF:
Hy kom uit die stowwerige strate van Aimablaagte. Hy klim die leer tot waar hy kon.
Miskien in ons menslike oog nie hoog genoeg nie. Ons wat sy potensiaal geken het sal sê hy kon nog verder gegaan het.
Ongelukkig was dit hom nie beskore nie. Miskien het hy deels daartoe bygedra. Dalk deur ons toedoen kon hy miskien nie bereik wat ons gedink het hy kon bereik nie.
Die saak is afgehandel. Sidney Situde het die wêreld verlaat.
Hierdie jong mannetjie se pad kruis myne by die destydse Windhoek Onderwyskollege (WOK), die instelling wat vandag bekend is as Unam se Khomasdal-kampus.
As jong manne maak ons saam musiek. Ons blaas trompet.
Ons besef Sidney is ’n musikant by uitstek. Met al die ander goed kan jy speel, maar by musiek moet jy dissipline toon as jy met Meester Situde te doen het.
Wyle Alfred //Kheibeb is die hooforganiseerder van die groep. Hy reël vir ons om by lykwaakdienste en eredienste te gaan blaas. Hy sal die logistiek hanteer en al sal oom Alfred eers Saterdagnamiddag kom sê ons moet Sondagoggend iewers gaan blaas, moet ons saamstem, want dit is klaar gereël.
Die groep het bestaan uit Tobias Kamperiba, Linus Swartbooi, Ivan Josob, Siegfried Goeieman en wyle Hans Mouton. Van die buitemanne wat gereeld saam met ons gaan blaas het, is Jacky //Kheibeb, wyle Benediktus Karools en wyle Atikab Thomas. Ons die-hard ondersteuners was juffrou Altagracia //Kheibes (Christiaan), juffrou Ruth Vries (Isaacks), Meester Katiti //Kheibeb en meester Daniel Gaob /Gawaseb.
Meester Sidney word ’n onderwyser op Gainachas en later op Snyfontein. Ons paaie kruis weer; ek as vakadviseur en hy as onderwyser. So gesels ons ’n hond uit ’n bos.
Maar soos groot word ook maar sy nadele het, gaan ons paaie uitmekaar. Ons vriendskap en broederskap word later net ’n “hoe-gaan-dit” SMS en ’n kort selfoongesprek na lang tye.
Tot op die oggend van 18 Februarie 2021, toe ek uit my drome wakker word met die boodskap “Sidney Situde no more”.
Baie vrae, maar geen antwoorde. Zedos het die antwoorde vir ewig gesluk.
Meester Sidney Andreas Situde. Wanneer ons langs jou graf staan en trane oor ons wange loop en ons ons oë toemaak, sal ons hulle nie keer nie. Sommiges van ons sal miskien nie daar wees nie weens verpligtinge. Andere weens Covid-reëls.
Maar daardies wat daar sal wees, sal huil en huil sal ons. Niemand sal ons vertel van "big boys don’t cry” nie, want ons weet waarom ons huil. Ons sal huil net soos ons oor WOK kan huil, want dis net ons wat uit volle bors kan sing en ook uit volle bors kan huil.
Ons sal die kort mannetjie onthou wat hom baie kwaai gehou het. Die klein mannetjie met die dik stem wat vir Linus, die reus, kon sê om hom te gedra want ons is besig met musiek. Ons sal jou onthou as ’n “no nonsense musician”. Al was jy in watter toestand ook, musiek was edel by jou.
Zedos, met jou skielike heengaan het jy ons vriendekring geskud. Ons het besef, dat ons liefde vir mekaar lou geword het. Ons het besef dat die band wat stewig was, verslap het.
Duidelik vra die stem van God vir ons: Waar is julle broer, Sidney?
Ons buig ons hoofde in skaamte, Zedos, en ons vra nederig op jou lewelose liggaam: “Sidney, vergewe ons.”
Jy het seker in stilte gely, en ons was nie daar om jou hulpkreet te hoor nie. Laat ons wat oor is vir mekaar opsoek en tyd vir mekaar maak. Dit is wat ons jou vandag belowe, Meester.
Jy sou baie graag wou gehad het dat ons vandag vir jou sal blaas, maar ons het verleer om trompet te bespeel. Ons glo wel dat jy jou talent in baie kinders ingeploeg het en dat hulle daarmee sal aangaan.
Ons staan vandag op aandag en soos jy die aarde verlaat, salueer ons jou met ons belofte wat ons eens afgelê het en ons roep jou toe: "Meester Andreas Sidney Situde, erudiamus, we shall educate!"
Vandag sê ons nie tot siens nie. Ons sê ook nie vaarwel nie. Inderdaad sê ons mooi loop!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie