u2018Mooi reu00ebntydu2019 kom glo
u2018Mooi reu00ebntydu2019 kom glo

‘Mooi reëntyd’ kom glo

Die hidrologiese dienste waarsku teen vloede in die Omusati-, Oshana-, Ohangwena- en Zambezistreek.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Kenners meen daar is vooruitsigte van goeie reën vir Suider-Afrika in die komende dae, insluitende Nambië.

Terselfdertyd het die hidrologiese dienste van Namibië Woensdag in hul verslag gesê satellietbeelde wys goeie reën het oor die sentrale, oostelike en suidoostelike dele van die land voorgekom, terwyl swaar reën in die suidwestelike dele van Angola voorgekom het.

Terselfdertyd het ses damme sedert die afgelope Maandag weer ’n invloei van water gehad.

Die nieregeringsorganisasie LandWater, wat satellietfoto’s wetenskaplik ontleed en interpreteer, sê ’n “baie mooi reëntyd” is op pad.

Die organisasie het na die European Centre for Medium-Range Weather Forecasts (ECMWF) se kaarte vir drie-dag-reënsomtotale verwys en gesê die voorspelde reënvolumes sal op baie plekke oortref word – “veral oor die Noord-Kaap en groot dele van Namibië, maar ook in Suid-Afrika se ander provinsies”.

“Die gerealiseerde reënvoetspoor oor die Noord-Kaap, Namibië én westelike Botswana sal wyer wees as wat die kaarte voorstel,” het LandWater gesê en bygevoeg die verwagte reëntydperk sal oor langer as drie dae strek.

DAMME

Ses nasionale damme het sedert die afgelope Maandag ’n invloei van water gehad, met die Hardapdam wat ’n reusehoeveelheid water naamlik 2,209 miljoen kubieke meter (Mm³) ontvang het en van 43,9% vol na 44,6% gelig het.

Dít volgens ’n damverslag wat NamWater Woensdagmiddag uitgereik het.

Die Von Bachdam het die tweede meeste water ontvang (0,646 Mm³), wat gehelp het dat sy vlakke van 98% vol na 99,3% gestyg het.

Nog ’n dam wat Sentraal-Namibië van water voorsien, die Swakoppoortdam, het van 85,4% na 86,1% gestyg nadat hy 0,484 Mm³ water gekry het.

Die Oanobdam het altesaam 0,205 Mm³ gekry, en het van 94,5% na 95,1% vol gestyg.

Die Ooste se Otjiverodam het van 31,3% vol na 32,7% gelig, terwyl wateroorplasings van die Otjivero-slikdam af ook plaasgevind het. Terselfdertyd het die Tilda Viljoendam van 32,4% na 34,2% gestyg, maar ook water van die Daan Viljoendam ontvang.

RIVIERE

Watervlakke in die Cuvelai-lishanas, soos die Shanalumono, Shahaingu en Engela op Namibië se grens met Angola, is ook besig om te styg.

Die afgelope Woensdag het hulle op onderskeidelik 1,08 m en 0,71 m en 0,41 m gestaan.

Ook is meer water stroomop op pad en het die hidrologiese dienste gewwaarsku mense moet op vloede bedag wees.

Daarteenoor is die Okavangorivier se vlakke besig om te daal, en vloei hy op Rundu en Nkurenkuru onderskeidelik 6,54 m en 3,26 m diep.

Die Zambezirivier is steeds sterk besig om te styg by Katima Mulilo en vloei tans 6,60 m diep – dieper as in die afgelope vier jaar.

Hy het sy maksimumpunt van 5,5 m verbygesteek en mense moet bedag daarop wees dat die rivier vloede kan veroorsaak, terwyl die riviervlakke na verwagting steeds binne die volgende dae sal styg.

Tog dui lesings daarop dat die vlakke by Chavuma en Lukulu besig is om te daal.

Die Kunenerivier het Woensdag teen 245,3 m3 per sekonde by Ruacana gevloei en was wéér aan die styg.

Ook was die Choberivier by die Chobe Water Villa besig om sterk te styg en het hy 4,52 m diep gevloei.

Die hidrologiese dienste waarsku gebeurlikheidsplanne vir die bekamping van vloede in die Omusati-, Oshana-, Ohangwena- en Zambezistreek moet ingestel word en nabygeleë gemeenskappe moet die nodige voorsorg tref.

REËNSYFERS

Woensdag is ligte reën in Windhoek ontvang, terwyl mense op die Facebook-blad “Reën in Namibia” laat weet het dit het 50 mm op die plaas Bergtoppe in die Kamanjab-omgewing gereën, 16 mm op Uis, 4 mm op Otavi en Tsumeb en 27 mm op Onjala Lodge.

Die afgelope Dinsdag het Omaruru en Hochfeld reën ontvang, terwyl veral die Otjiwarongo-omgewing swaar reëns ontvang het.

Op die plaas Erundu tussen Otjiwarongo en Kalkfeld het dit 71 mm gereën, terwyl die plaas Kwaggafontein, wat 120 km wes van Windhoek geleë is, Dinsdag 55 mm reën ontvang het.

Dit was dié plaas se grootste enkele reënbui vir die seisoen.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 28° Rundu: 18° | 27° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 20° | 27° Ruacana: 18° | 26° Tsumeb: 18° | 27° Otjiwarongo: 17° | 29° Omaruru: 18° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 19° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 19° | 24° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 15° | 23° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 23° Lilongwe: 18° | 27° Maputo: 21° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 21° | 28° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 33° Lusaka: 17° | 25° Harare: 15° | 25° Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84845.88 Down -0.23% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1835.78 Up +0.17% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 15768.92 Down -1.25% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29826.58 Up +0.70% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10073.16 Up +0.11% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 758.62/OZ UP +0.52% | Copper US$ 4.27/lb DOWN -0.0065 | Zinc US$ 2 910.00/T DOWN -0.43% | Brent Crude Oil US$ 79.20/BBP DOWN -0.0037 | Platinum US$ 955.74/OZ UP +0.04% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 28° Rundu: 18° | 27° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 20° | 27° Ruacana: 18° | 26° Tsumeb: 18° | 27° Otjiwarongo: 17° | 29° Omaruru: 18° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 19° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 19° | 24° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 15° | 23° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 23° Lilongwe: 18° | 27° Maputo: 21° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 21° | 28° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 33° Lusaka: 17° | 25° Harare: 15° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84845.88 Down -0.23% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1835.78 Up +0.17% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 15768.92 Down -1.25% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29826.58 Up +0.70% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10073.16 Up +0.11% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 758.62/OZ UP +0.52% | Copper US$ 4.27/lb DOWN -0.0065 | Zinc US$ 2 910.00/T DOWN -0.43% | Brent Crude Oil US$ 79.20/BBP DOWN -0.0037 | Platinum US$ 955.74/OZ UP +0.04%