Moontlikheid op La Niña versterk wéér
Kenners sê groeiende tekens dat beide La Niña-toestande en ‘n negatiewe IOD ontwikkel, voorspel goeie somerreën.
Elvira Hattingh - Die Australiese Buro vir Meteorologie het op 18 Augustus sy Enso-uitkykstatus amptelik van ’n La Niña-wag na ‘n La Niña-waarskuwing verander.
Terselfdertyd dui weermodelle aan dat negatiewe Indiese Oseaan-dipool (IOD)-drempels teen die lente bereik kan word.
Dit is goeie nuus vir ‘n natter reënseisoen in Suider-Afrika.
Die buro sê die kanse dat ‘n La Niña reeds in September of teen Oktober vanjaar sal vorm, het nou van 50% na 70% gegroei - sowat drie keer die normale waarskynlikheid.
Die Australiërs sê die El Niño- Suidelike Ossilasieklimaatspatroon (Enso) is egter nog neutraal. “Nietemin het die voortdurende verkoeling van die tropiese Stille Oseaan, tesame met veranderinge in tropiese weerpatrone asook klimaatmodelle waarvan die vooruitsigte op die vorming van La Niña-toestande dui, die buro genoop om sy uitkykstatus aan te pas.
“Enso-aanwysers in die tropiese Stille Oseaan is in die vroeë stadia vir die vorming van La Niña-toestande. Die water op die oppervlak is koeler as normaal, terwyl suboppervlak-temperature ook onlangs afgekoel het.
“In die atmosfeer is pasaatwinde sterker as normaal terwyl die Suidelike Ossillasie-indeks (SOI), wat ’n maatstaf is van die verband tussen seeoppervlaktemperature en oorhoofse weerstelsels, neutraal tot positief is. Wolktoestande in die ekwatoriale gebied naby die datumlyn is ook ondergemiddeld,” sê die buro in ‘n persverklaring.
“Alle internasionale klimaatmodelle dui aan dat die tropiese Stille Oseaan nog meer gaan afkoel, met drie van agt modelle wat meen La Niña-drempels sal teen September bereik word en nog twee wat meen dit sal teen Oktober gebeur.”
Sou La Niña-toestande vir ’n aantal maande heers, word ’n La Niña formeel verklaar. Tans is die IOD neutraal, maar het dit in die afgelope week sterk begin daal.
Mnr. Johan van den Berg, landbouweerkundige-konsultant by Santam Suid-Afrika, het vroeër gesê die dreigende La Niña-toestande tesame met ’n negatiewe IOD bied ‘n “baie positiewe vooruitskouing vir somerreën”.
Van den Berg sê as daar na die geskiedenis gekyk word toe soortgelyke weerstoestande ontstaan het, is bo-normale reënjare en selfs vloede ervaar. “Die jare toe beide 'n La Niña, asook 'n negatiewe IOD gevorm het, was 1974, 1989 en 2010,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie