Moontlikheid van reusekelp-verbouing by Lu00fcderitz ondersoek
Moontlikheid van reusekelp-verbouing by Lu00fcderitz ondersoek

Moontlikheid van reusekelp-verbouing by Lüderitz ondersoek

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - ’n Loodsprojek vir die verbouing van reusekelp in die see by Lüderitz skop binnekort af. Die doel is om die lewensvatbaarheid van grootskaalse kommersiële produksie te bepaal en ’n omgewingsimpakstudie (EIA) te doen.
Kelp Blue Namibia het Namisun Environmental Projects & Development (Namisun) aangestel om laasgenoemde studie te onderneem.
Volgens Namisun sal die loodsprojek gebruik word om die beste infrastruktuuropsies en gepaardgaande verbouingsaktiwiteite te ondersoek en vas te stel hoe om aktiwiteite met bestaande biostelsels te harmoniseer.
Dit sal ook die impak op die omgewing ondersoek.
Drie groeigebiede van 1 vierkante kilometer elk gaan oor ’n 20 hektaar gebied in die see gevestig word.
Reusekelp (Macrocystis pyrifera) is 'n spesie van bruin alge wat 6o meter en langer word.
Dit word reeds jare lank as voedingsaanvulling gebruik vanweë die jodium, kalium en ander vitamiene en minerale wat dit bevat.
Dit word ook in die vervaardiging van vee- en hoendervoere, farmaseutiese produkte en kunsmis gebruik.
Volgens Namisun sal klein bootjies ingespan word om die kelp met die hand te oes.
Die kelp wat Kelp Blue oes, sal gedroog en gemaal word om as kunsmis en grondverryker aan boere te verkoop.
Alginaat en sellulose sal saam met proteïen uit die kelp onttrek word om aan laboratoriums in Europa te lewer.

Foto: Wikipedia

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!