Moord volg glo op bittere toesigstryd
Me. Kristofina Amutenya, wat daarvan beskuldig word dat sy haar seun (9) en dogter (3) vermoor het, bly in aanhouding ná haar eerste hofverskyning in Ethiopië.
Redaksie – Hofdokumente toon die vrou van ’n Namibiese diplomaat in Ethiopië het na bewering haar twee kinders vermoor nadat die Windhoekse hoërhof vyf weke gelede die pa toesigregte oor hulle gegee het.
Die negejarige Jenay Haufiku en sy suster Jane, wat maar op 7 November drie jaar oud geword het, was glo in die middel van 'n bitter toesigstryd tussen hul ouers.
Dit volg nadat me. Kristofina Amutenya en mnr. Petrus Haufiku geskei is nadat sy – volgens hofdokumente wat deur Haufiku ingedien is – ‘n buite-egtelike verhouding gehad het.
“Die eiser (Haufiku) kry toesig oor en beheer van die minderjarige kinders van die gesin, onderhewig aan die verweerder (Amutenya) se reg op redelike toegang,” het die Windhoekse hoërhof op 3 November beslis, vier dae voor Jane se verjaardag.
Die beslissing het Amutenya glo verpletter en sy het na bewering toe albei hul kinders verlede Sondag in Ethiopië vermoor, waar Haufiku as kommersiële attaché by die Namibiese ambassade werk.
Haufiku was glo besig om sokker te kyk toe hy ingelig is dat die kinders deur hul ma verwurg is.
Volgens die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking is Haufiku se ouer seun uit ‘n vorige verhouding ook aangeval, maar het oorleef en is in ‘n stabiele toestand.
Amutenya, wat by die ministerie van myne en energie werk, is in hegtenis geneem nadat sy probeer selfdood pleeg het.
Sy het die afgelope Maandag in die hof in Addis Abeba verskyn en sy bly in aanhouding.
“Die ma is gesond en volgens die polisie het sy in die hof verskyn, maar die saak is uitgestel,” het me. Emilia Mkusa, Namibiese ambassadeur in Ethiopië en permanente verteenwoordiger by die Afrika-unie, in 'n verklaring gesê.
“Die ambassade bied steeds die nodige ondersteuning aan die man en die oorlewende seun. Verder is veiligheidsmaatreëls ingestel om die veiligheid van die gesin te verseker, ” het sy bygevoeg.
Dit is nie duidelik of Amutenya in 'n Ethiopiese hof tereg sal staan nie, omdat geen uitleweringsooreenkom tussen dié land en Namibië bestaan nie. Ethiopië is een van die lande wat steeds doodstraf toepas vir misdade soos moord.
Me. Kristofina Amutenya saam met haar dogter Jane, wat sy na bewering die afgelope Sondag vermoor het. FOTO VERSKAF

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie