Moordenaar kry twee keer lewenslank
’n Jong inwoner van Gobabis moet lank vir sy dade boet.
Denver Kisting – Petrus Paai (28) is gister twee lewenslange vonnisse opgelê ná hy onlangs in die hoërhof aan twee moorde skuldig bevind is.
Op aanklag van roof met verswarende omstandighede is Paai vir ses jaar tronk toe gestuur, terwyl hy drie maande vir regsverydeling sal moet boet.
Paai het mnr. Frederick Afrikaner in Augustus 2015 met ’n mes doodgesteek.
Afrikaner het drie minderjarige kinders agtergelaat.
Terwyl hy uit was op borgtog van N$2 000 het hy mnr. Heliki Hamutenya in Junie 2016 doodgesteek.
Ten tyde van sy dood was Hamutenya se kinders onderskeidelik sewe en twee jaar oud, het sy werklose meisie, me. Albertina Abisai, ter strafverswaring getuig.
Die hof het gehoor Paai het Afrikaner gejaag en hom toe met die mes in sy nek gesteek.
Afrikaner het op die toneel aan sy wonde beswyk.
Hamutenya is ook ’n nekwond toegedien en is later in die hospitaal dood.
Paai het sy hand in die erg beseerde Hamutenya se sak gedruk, ’n N$100-noot gevat en weggeloop, het die hof ook gehoor.
Waarnemende regter Alfred Siboleka was op die bank.
Siboleka het tydens die vonnisoplegging gister gesê Paai het oënskynlik sonder rede op ’n messteeksending gegaan en onskuldige mense vermoor.
“Ons samelewing het beskerming nodig en sou oortreders van sulke gruwelike misdade beslissend gestraf wou sien.”
Paai het gereeld met die gereg gebots, het waarnemende regter Siboleka gesê.
In November 2010 is hy skuldig bevind aan die besit van gewoontevormende dwelms, waarvoor hy N$500 of drie maande se gevangenisstraf opgelê is.
In Maart 2016 is hy weens diefstal tot N$500 of 30 dae tronkstraf gevonnis.
In November dieselfde jaar is hy aan ontsnapping skuldig bevind.
Hy dien tans drie jaar gevangenisstraf daarvoor uit.
Die staat is deur adv. Ethel Ndlovu verteenwoordig, terwyl mnr. Titus Mbaeva namens Paai opgetree het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie