Moordenaar (nou 17) kry 16 jaar tronkstraf
Moordenaar (nou 17) kry 16 jaar tronkstraf

Moordenaar (nou 17) kry 16 jaar tronkstraf

Ook op verkragting, diefstal, brandstigting gevonnis
Kristien Kruger
Kristien Kruger – ’n Sewentienjarige seun van Rehoboth is Maandag tot 16 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op en verkragting van die 57-jarige Sarah Jagger.
Hy het haar met ’n klip doodgeslaan en was slegs 14 ten tyde van die gruwel in die Rehoboth-omgewing in September 2018.
Op die klag van moord is hy tien jaar tronkstaf opgelê, asook vier jaar vir verkragting, twaalf maande vir diefstal, twaalf maande vir die skending van ’n lyk en twee jaar vir elke klag van brandstigting.
Regter Hinnah Usiku het beslis dat die vonnisse vir diefstal, skending van ’n lyk en brandstigting gelyklopend met die ander klag van brandstigting uitgedien sal word.
Sy bestemde tyd agter tralies kom dus effektief op 16 jaar te staan.
Jagger het glo alleen op ’n grondpad naby die Bahnhoffstasie gestap toe die jong seun haar aangeval en van die pad af gesleep het.
Volgens die hof se opsomming van die feite oor die insident het hy haar klere uitgetrek terwyl hy haar geskop en met ’n klip geslaan het. Hy het haar glo minstens twee keer verkrag.
Haar skedel en ribbes is ernstig beskadig en sy het op die toneel aan haar besering beswyk.
Hy het ook erken dat hy ’n dag later haar regtervoet afgesny en dit in die grondpad gegooi het.
Hy het verder by ’n huis op die nabygeleë plaas Aoxas verskeie items gesteel en die huis aan die brand gesteek.
Vanweë sy minderjarigheid mag die veroordeelde nie in die media geïdentifiseer word nie en sy verhoor is ook agter geslote deure afgehandel.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!