Moordklagte teen IS-verdagte
Moordklagte teen IS-verdagte

Moordklagte teen IS-verdagte

Duitsland
NAMPA
Duitse aanklaers het moordklagte teen 'n man aanhangig gemaak wat daarvan beskuldig word dat hy deelgeneem het aan die teregstelling van ses gevangenes van die Islamitiese Staat-groep (IS) in Sirië.

Harry Sarfo, 'n 28-jarige Duitse burger, is verlede jaar deur 'n hof in Hamburg daaraan skuldig bevind dat hy 'n lid van 'n terroriste-organisasie was. Hy is drie jaar gevangenisstraf opgelê, met regters wat bevind het sy breedvoerige getuienis het in sy guns getel.

Aanklaers het egter 'n nuwe saak aanhangig gemaak ná die Washington Post 'n video vrygestel het waarin dit lyk of Sarfo 'n aktiewe rol in die teregstellings gespeel het. Die nuwe klagte is gelê en hou verband met die openbare teregstelling van ses mense op 'n plein in Palmira in Junie 2015.

Aanklaers sê Sarfo het gevangenes na die plek van teregstelling begelei en verhoed dat ander op die vlug slaan. - Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!