Moordverdagte loop los
'n Moordbeskuldigde, wat na bewering sy meisie in 2019 op Oshakati vermoor het, is ná drie jaar in die tronk vrygelaat nadat sy saak voorlopig teruggetrek is.
Tuyeimo Haidula op Oshakati – Mnr. Edward Haiyambo (31), wat na bewering in 2019 sy meisie ten aanskoue van haar vier kinders vermoor het, is in Maart vanjaar uit die tronk vrygelaat.
Die staat kon nie die nodige dokumentasie lewer vir die saak om in die hoërhof op Oshakati voort te gaan nie.
Die slagoffer, me. Lucillia Bunita Quimbra (30), se kinders was ten tyde van die voorval slegs tien, ses, drie en een jaar oud. Haiyambo is die pa van die jongste twee.
Die polisiewoordvoerder in die Oshanastreek, insp. Thomas Aiyambo, het gesê Quimbra is met twee oop wonde gevind waarvan een op haar kop was. Sy het ook 'n gebreekte regterarm gehad.
Haiyambo het glo van die toneel gevlug en is later in die Etayi-kiesafdeling in die Omusatistreek in hegtenis geneem.
Quimbra se driejarige seun is langs sy ma se lyk gevind waar hy aan die slaap geraak het. Hy het met sy arms om haar in 'n plas bloed gelê. Hy was ongedeerd.
NET 'VOORLOPIG' TERUGGETREK
Volgens hofrekords is die saak op 3 Maart teruggetrek om die staat geleentheid te gee om reëlings te tref.
Sodra die staat die nodige dokumente het, sal die saak van die landdroshof na die hoërhof op Oshakati oorgedra word.
Die saak is, sedert Haiyambo se eerste verskyning op 2 September 2019, in die landdroshof op Oshakati aangehoor.
Landdros Mikka Namweya, wat die saak aangehoor het toe dit teruggetrek is, het aan ons susterkoerant Namibian Sun verduidelik die saak word “voorlopig” teruggetrek hangende die nodige dokumente van die staat.
“Die staat het nie die dokumente in plek nie en het gevra dat die saak uitgestel word. Die verdediging het geweier en die staat het besluit om die saak terug te trek totdat hulle die nodige dokumente het om die saak na die hoërhof oor te dra,” het hy gesê.
BEKOMMERDE FAMILIELEDE
Haiyambo woon volgens getuies tans in Okandjengedi op Oshakati.
Quimbra se suster, me. Lucina Mwoombola, was een van die familielede wat haar lyk moes uitken.
Volgens Mwoombola is familielede ontsteld dat die man wat hul suster glo koelbloedig vermoor het nou vry rondloop.
Mwoombola het gesê hulle is bekommerd oor die veiligheid van die kinders aangesien Haiyambo – terwyl hy in aanhouding was – gedreig het om die kinders dood te maak.
Namibian Sun kon nie vasstel hoeveel hangende sake daar teen Haiyambo is nie, maar dit sluit moord, diefstal en aanranding in.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie