Moordverdagte loop vry rond nu00e1 staat kleitrap
Moordverdagte loop vry rond nu00e1 staat kleitrap

Moordverdagte loop vry rond ná staat kleitrap

Drie jaar na sy inhegtenisneming vir die moord op me. Lucillia Bunita Quimbra (30), is mnr. Edward Haiyambo (31) in Maart vanjaar uit die tronk vrygelaat.
Yandi Du Plessis
Tuyeimo Haidula op Oshakati – ’n Man wat glo sy meisie in 2019 vermoor het, is uit die tronk vrygelaat omdat die staat nie die vereiste hofdokumente ingedien het om die saak na die hoërhof op Oshakati te skuif nie.

Drie jaar na sy inhegtenisneming vir die moord op me. Lucillia Bunita Quimbra (30), is mnr. Edward Haiyambo (31) in Maart vanjaar uit die tronk vrygelaat.

Ten tyde van die moord was Haiyambo 'n voortvlugtende nadat hy op 24 Augustus 2019 uit die Oshakati-staatshospitaal ontsnap het. Hy was onder polisiebewaking in die hospitaal nadat hy op ’n klag van diefstal aangekeer is.

VOORLOPIG TERUGGETREK

Volgens hofrekords is die moordklag op 3 Maart 2021 voorlopig deur die landdroshof op Oshakati teruggetrek om die staat tyd te gee om die nodige dokumente in te dien sodat die saak in die hoërhof voortgesit kan word.

Mnr. Pombili Shipila, die regshulpprokureur wat verlede jaar aangestel is om Haiyambo te verteenwoordig, het gesê die saak is ingevolge artikel 6 van die Strafproseswet teruggetrek omdat die aanklaers nie gereed was om te verhoor nie.

Shipila het gesê die aanklaer-generaal (AG) het besluit om die saak vir verhoor na die streekhof oor te plaas.

“Die AG se besluit is by die hof ingedien, net vir die aanklaer om skielik van plan te verander en te beweer die saak is verkeerdelik oorgeplaas en verder uitgestel moet word.

“Ons het die aansoek teengestaan en aangevoer die beskuldigde is binne 'n redelike tyd op 'n verhoor geregtig,” het Shipila gesê.

VREES VIR KINDERLEWENS

Inspekteur Thomas Aiyambo van die Namibiese polisie se eenheid vir openbare betrekkinge in die Oshanastreek het vroeër gesê Quimbra se driejarige seun is aan die slaap langs sy ma se lyk gevind.

Quimbra se suster, me. Lucina Mwoombola, het haar misnoeë uitgespreek oor die wyse waarop die saak hanteer word.

Mwoombola het gesê hulle is bekommerd oor die veiligheid van haar suster se vier kinders, aangesien Haiyambo glo gedreig het om hulle dood te maak.
[email protected]


FOTO
Wyle me. Lucillia Bunita Quimbra. Foto The Namibian

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!