Morgan Tsvangirai sterf
Candice Bezuidenhout - Morgan Tsvangirai, leier van die MDC in Zimbabwe, is Woensdag in Johannesburg ná ’n stryd van twee jaar aan kanker dood.
Hy was 65 jaar oud.
Elias Mudzuri, adjunkleier van die MDC, het die nuus Woensdag omstreeks 21:00 getwiet.
“Soos julle reeds weet het ons MDC-president, dr. Morgan Richard Tsvangirai, lankal nie lekker gevoel nie. Dit is vir my hartseer om aan te kondig dat ons ons ikoon en vegter vir demokrasie verloor het. Ons gedagtes en gebede is in hierdie uur by die familie, die party en die nasie.”
The Guardian berig Tsvangirai se gesondheid het die laaste paar dae verskriklik agteruitgegaan ondanks behandeling in Suid-Afrika.
“Sy dood gaan ’n verskriklike slag wees vir die opposisie van Zimbabwe, aangesien dit slegs maande gebeur het voordat die eerste verkiesings gehou sou word sedert oudpres. Robert Mugabe se byna 40 jaar lange termyn geëindig het,” skryf The Guardian.
Die oudste van nege kinders, moes Tsvangirai op 16-jarige ouderdom die skool verlaat en ’n mynwerker word om sy familie te onderhou. As ’n jong mynwerker het hy ’n arbeidsaktivis geword.
Volgens dié berig het hy die MDC in 1999 gestig nadat hy in 1988 as die sekretaris-generaal van die Zimbabwe Congress of Trade Unions gekies is.
Volgens BBC News is Tsvangirai, wat blykbaar kolonkanker gehad het, se loopbaan gekenmerk deur ’n lang politieke stryd met Mugabe.
“Hy is verskeie kere aangerand en in hegtenis geneem.”
Een van die stigterslede van die MDC, David Coltart, het aan The Guardian gesê Tsvangirai was een van die reuse van die lang stryd om demokrasie na Zimbabwe te bring.
“Ek sal hom onthou vir sy moed, nederigheid, humor en onverbiddelike vasbeslotenheid.” - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie