Moria se dapper stap baat die noordestreek
Die besluit om aan die diep kant in te spring en in die premierliga-rugby te speel, was tot voordeel van Outjo én die breër gemeenskap.
Neil Prinsloo - Sowat tien jaar gelede het Privaatskool Moria tot die besef gekom dat rugby in Outjo en omgewing 'n stadige marteldood sou sterf indien daar nie 'n dringende plan gemaak word nie.
In daardie stadium het Outjo as dorp “stilgestaan”. Ekonomiese vooruitgang was skraps en nuwe inwoners het selde ingetrek om die bevolkingsgetalle 'n hupstoot te gee. Die staatskole het nie rugby aangebied nie en ondanks mededingende skoolgelde by Moria het getalle ook gestagneer.
Moria se rugby was gevolglik in die knyp. Leerlinggetalle was sodanig dat rugby eenvoudig nie gespeel kon word nie. Met ongeveer veertig Moria-seuns van graad 1 tot 7 en veertig seuns van graad 8 tot 12 was die samestelling van spanne 'n geweldige uitdaging.
Spanne was dikwels net een of twee kort om met vyftien spelers te kon uitdraf. Soms moes Moria destyds uitspeelwedstryde met 13 seuns aanpak, omdat daar ná beserings bloot nie genoeg was om 'n span vol te maak nie.
Die NSSU se kode vir rugby het toe reeds in die laer- en hoërskole toegelaat dat: “Boys enrolled at a certain school, not offering rugby as a sport, shall be allowed to apply to play rugby for another school where rugby is offered.”
Met dié regulasie het Moria die skole in Outjo wat nie rugby aangebied het nie, genader en sodoende het 'n nuwe rugby-era en groot moontlikhede wat selfs die grense van die rugbyvelde, sportgronde en kultuurgemeenskappe oorskry het, vir Outjo en omgewing aangebreek.
Van so vroeg as graad 1 tot en met graad 12 het seuns van staatskole vir rugbyoefeninge begin aanmeld. Soms het 'n span 30 seuns gehad en soms het net twee of drie ekstra seuns van ander skole vir 'n oefening opgedaag.
Kort voor lank het 'n gereelde kern begin saam oefen. Dit was die manne wat regtig wou rugby speel en 'n liefde vir die sport gehad het. Met hulle kon Moria begin werk. Nou was daar nie meer “ekstra manne” nie; nee, almal se harte het vir Moria-rugby begin klop.
OPOFFERINGS UIT LIEFDE
Ekstra uitgawes was egter Moria se voorland. Die meeste “nuwe” spelers en hul ouers kon nie bekostig om aan georganiseerde sport deel te neem nie. Hier het ouers van Moria en besighede in Outjo ingespring en geborg. Klere, tekkies en rugbystewels is aangekoop, saamrygeleenthede na en van oefeninge en wedstryde is gereël, behuising is gereël, rugbyklinieke en oefenkampe is gefinansier en in sommige gevalle is selfs in basiese behoeftes van spelers voorsien.
Wat die rugby betref, was daar ook groot uitdagings. Jy daag nie net by 'n veld op en speel die spel natuurlik nie. Deeglike ontwikkeling moes gedoen word. Moria sou spoedig besef dat om rugbyspelers te kweek, verg veel meer as net die aanleer van tegnieke en kondisionering van liggame. Daar is gou geleer dat veelvuldige bepalende aspekte in ag geneem moet word as dit by die ontwikkeling van rugbyspelers kom.
Benewens fisieke en tegniese aspekte, is daar byvoorbeeld ook taktiese en psigologiese faktore en die grootste deel daarvan is waarskynlik karakterontwikkeling.
Om al dié aspekte te kontroleer en te reguleer om die beste prestasie te behaal, het afrigting en ontwikkeling 'n groot uitdaging gemaak. Daarom moes Moria tyd neem om rugbyontwikkeling duidelik te definieer en die doel daarmee te omskryf.
Rugby-ontwikkeling was en is vir Moria die geleidelike vorming van spelers en die spel deur studie, oordrag van kennis en versorging van potensiaal op fisieke en psigologiese vlak. Die doel van Moria se rugby-ontwikkeling is om 'n aangename en produktiewe ervaring vir almal te skep – spesifiek vir spelers, afrigters, ouers, toeskouers en skeidsregters. Alle aspekte van Moria se plan is op die ontwikkeling van die spelers, sowel as op die spel gefokus.
Die plan was uit die staanspoor op die langtermyn gerig, want die werklikheid is dat daar geen kortpaaie is om vaardighede te ontwikkel wat tot 'n uiteindelike prestasie lei nie. Goeie samewerking tussen alle partye betrokke is as vereiste gestel om sodoende die spelers optimaal te kan begelei.
Geen afrigter is aangestel net om rugby af te rig nie. Moria-onderwysers werk in die program met rugby as 'n buitemuurse aktiwiteit en Moria-ouers en afrigters uit die gemeenskap rig na-ure af uit liefde vir die spel.
Groot werk is dus vir meer as tien jaar reeds deur mense met harte van goud en deursettingsvermoë van staal gedoen.
Wanneer teruggekyk word, besef jy vriendskapsbande is gesmee, verhoudings met naburige skole is verbeter en die gemeenskap is rondom die rugbyveld verenig. 'n Positiewe verskil is in baie lewens gemaak en lesse is geleer waarvan die reikwydte nog nie bepaal kan word nie.
Sukses is ook op die gebied van rugby behaal. Uit die ontwikkelingsprogram is verskeie spelers reeds deur ander skole genader vir beurse en daar was selfs 'n beursaanbieding deur 'n Suid-Afrikaanse unie aan een van die spelers.
Nasionale spelers het ook uit die groep ontwikkel. Moria se eie seuns kon natuurlik aanhou rugby speel en verskeie individue het oor die jare nasionale kleure verwerf en selfs toetsrugby gespeel – soos Herman Lintvelt in die Wêreldbekers van 1999, 2003 en 2007, René Kruger, JJ Husselman, Stef Botha en Robert Herridge.
BEHOUD VAN TALENT
Ongelukkig verdwyn die meeste van die laerskool-spelers uit ander skole wanneer hulle na die hoërskool beweeg. Daar is nie net een rede hiervoor nie en planne is ingestel om die verlies te probeer beperk. Vir die doel van dié artikel kyk ons na die 2018- en 2019-seisoene van Moria se hoërskoolrugby.
Oor die jare het Moria gegroei tot ongeveer 50 seuns in die laerskool en 50 seuns in die hoërskool, maar sulke klein getalle bring steeds uitdagings vir kompeterende rugby.
Om met rofweg 100 seuns 'n tjokker-, o.11-, o.13-, o.15- en eerstespan te laat opdraf wat kan meeding met skole van 500 tot duisend leerlinge, bly 'n uitdaging. Moria was egter vasbeslote om geleenthede vir seuns in Outjo te skep.
Moria se rugbyuitslae was in 2017 nie sleg vir 'n plattelandse skool nie. Die o.15-span het die B-liga gewen en in beide die o.15- en die o.18-spanne was belowende spelers wat hand opgesteek het.
In 2018 het Moria-rugby besluit dat die o.15-span weer in die B-liga sal inskryf, maar dat die eerstespan, die Bere, in die NSSU en Momentum se o.19-premierliga sou inskryf.
Om dit egter te vermag, was diepte nodig. Skole in die omgewing wat nie rugby aanbied nie, se seuns het intussen weggetrek of opgehou rugby speel. In die o.19-oefengroep was net drie van dié spelers oor en Moria-rugby was weer in die knyp.
Intussen het hoërskool-rugby in Otjiwarongo om bepaalde redes ook doodgeloop. Die skole daar het met dieselfde uitdagings as Moria gesit en kon dit ongelukkig nie oorbrug nie. Geen hoërskool kon meer rugby as sport aanbied nie.
Privaatskool Moria se afrigtingspan en bestuur het toe 'n ooreenkoms met die skole in Otjiwarongo aangegaan wat wel leerlinge gehad het wat rugby wou speel. Hulle sou voortaan saam met Moria oefen en speel.
ONGEKENDE SUKSES
In 2018 het die o.15-span in die B-ligafinaal teen Elnatan verloor om 'n silwermedalje in te palm.
In dié span was slegs leerlinge van Moria en ná beserings, vroeg in die finaal, het Moria besef dat die tekort aan diepte waarskynlik die grootste rol in hul nederlaag gespeel het.
Die o.19-span het ongekende sukses in 2018 behaal. Moria het net een span in die o.19-ligas ingeskryf, naamlik die Bere in die premierliga. Elf spelers uit Otjiwarongo het gereeld saam geoefen en die busse het op en af tussen Otjiwarongo en Outjo geloop.
Ses van hierdie elf uit ander skole is opgeneem in die groep van 23 wat deur die jaar gespeel het en in die semifinaal teen Windhoek Affies, die uiteindelike kampioen, verloor het. Die OK Foods Bere het ook die bronsfinaal teen Samsung WHS verloor, maar is nietemin vereer met die Mooispeelbeker van die Momentum-ligas.
Dié prestasies het Moria aangevuur om ontwikkeling 'n stap verder te neem.
DIE 2019-SEISOEN
In 2019 kon Otjiwarongo steeds nie 'n o.19- of o.15-span saamstel uit die skole in die dorp nie. Ooreenkomste is weer aangegaan en Edugate, Paresis en OSS het ingekoop om onder die vaandel van Moria uit te draf.
Hierdie keer het uit Otjiwarongo en ander Outjo-skole sestien vasberade o.15-seuns ook opgedaag, asook 18 rugbyhonger o.19's.
By die o.19's was die groep nou groot genoeg vir 'n tweedespan en Moria neem toe 'n besluit wat plattelandse rugby verder sou bevorder. Hulle skryf 'n tweedespan in vir die tweede liga en vir die eerste keer in die skool se geskiedenis skryf die o.15-span vir die A-liga in.
Daar is ondubbelsinnig besluit dat spanne op meriete gekies word, want dit verseker dat almal uit die situasie voordeel trek en plattelandse rugby kan voortleef.
Intussen is vanjaar ook weer rugbyontwikkeling gedoen. Baie tyd, energie en geld is in spelers van ander skole en selfs ander dorpe belê. Hegte bande is gesmee en oor taal-, kulturele en dorpsgrense heen het mense mekaar gevind.
Meer as 3 000 km is net vir rugby-oefeninge tussen Outjo en Otjiwarongo afgelê. Die waarde van hierdie kilometers en elke vrywilliger se opoffering kan nie die waarde van die ontwikkeling en investering in kinders se lewens definieer nie.
Moria se tweedespan het op 27 Julie met 23-19 teen Dr. Lemmer se eerstespan verloor. Hul ywer is egter nie geblus nie en hul planne om volgende jaar verder te vorder, is ná die wedstryd duidelik uitgespreek in die kleedkamer op die Hage Geingob-stadion.
Moria se o.15A-span het sy semifinaal teen WHS met 15-10 gewen. In die eindstryd teen Windhoek Gimnasium het die noordespan dapper gespeel om rustyd met 21-17 voor te loop, maar moes uiteindelik met 24-27 die knie buig. Die haker Piet During, wat twee drieë gedruk het, is as voorspeler van die wedstryd aangewys.
Die OK Foods Bere het in die o.19A-liga se semifinaal vir Elnatan oortuigend met 43-12 geklop. 'n Week later, in 'n aksiebelaaide finaal, het kaptein DJ Holtzhausen se manne teen Pro-Ed Akademie van Swakopmund 'n agterstand met rustyd (11-18) in 'n oorwinning met 35-30 omskep.
DJ Holtzhausen, losskakel, was soos altyd 'n groot faktor in die A-finaal, met sy 20 punte wat twee drieë ingesluit het en bygedra het dat hy as die individuele uitblinker van die Momentum-finale aangewys is.
Senter Niel Holtzhausen en die vleuels Brave Shipanga en Louis Burger was die ander driedrukkers.
Die suksesverhaal van Moria se rugbyontwikkeling het vele hoofstukke wat nog geskryf kan word en wat nog moet afspeel voordat ons dit kan neerpen, maar tot dusver is Moria dankbaar. Dankbaar vir Edugate, Paresis en Sekondêre Skool Otjiwarongo wat die visie gehad het om saam met Moria te speel.
Ons is opgewonde oor ons nuwe kondisioneringsprogram waaraan seuns en meisies blootgestel word en wat ook tot die staatskole se beskikking is.
Moria het ook waardering dat mnr. Lukas Holtzhausen, gewese Namibiese senter in nege toetse (1997-1999), soos die vorige twee seisoene ook in 2020 sal voortgaan as hoofafrigter van ons eerste span. Mnre. Loukie Grobler en Pieter Willem Esterhuizen sal ook by ons senior rugbygroep se afrigting betrokke wees.
Moria is dankbaar vir elke plattelandse seun wat die geleentheid kry om nog kompeterende rugby te speel; vir elke ouer, afrigter, ondersteuner en borg wat die swart en geel oor hul koppe getrek het en deel kon word van Moria-rugby se ontwikkelende sukses.
Lank lewe plattelandse skolerugby!
• Neil Prinsloo is die bedryfshoof van Privaatskool Moria.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie