Moria se sportspanne woon SA-klinieke by
Moria se sportspanne woon SA-klinieke by

Moria se sportspanne woon SA-klinieke by

Gerine Hoff
Die Privaatskool Moria het die afgelope skoolvakansie sy senior sportspanne in hokkie, netbal en rugby na sportklinieke in Suid-Afrika gestuur.
Die groep kinders was vanaf 22 April tot 2 Mei 2015 in die buurland en ná redelike teëspoed op pad na Pretoria, het hulle uiteindelik veilig daar aangekom en het die eerste aktiwiteite begin.
Besoek is afgelê by die Voortrekkermonument waar die kinders hul kennis opgeskerp het en Gold Reef City waar adrenalienvlakke behoorlik hoog geloop het met pretritte soos die Anaconda, Tower of Terror en ander.
Die hele groep het ook na die rugbywedstryd tussen die Cheetahs en Leeus op Ellispark gaan kyk. Pretoria se dieretuin is besoek waar alle soorte vreemde diere gesien is, soos kangaroes, okapi's en Bengaalse tiere om net 'n paar te noem.
Nog ’n hoogtepunt was ’n “zip line” rit by Ama-zwing-zwing waar baie van die kinders en onderwysers se hoogtevrees op die proef gestel is. Die Sterkfontein-grotte en Maropeng Wieg van die Mensdom is ook besoek.
Maar die eintlike doel was sport: Rugby-, netbal- en hokkieklinieke is deur die Universiteit van Pretoria aangebied. Die kinders en afrigters het baie by hierdie Tuks-afrigters geleer. Wedstryde teen spanne van die hoërskole Menlopark en Montana is gespeel, en ná elke wedstryd het elke Moria-leerling ’n geskenkie aan sy of haar opponent oorhandig.
Tussendeur al die aktiwiteite, klinieke en wedstryde was tyd gemaak om by 'n " mall" of twee uit te kom. Hiervoor is telkens 'n sakgeldjie voorsien uit die fonds en almal kon daarmee doen wat hulle wou. Die kinders het die ysskaatsbaan en die speletjiesentrum baie geniet, so ook 3D- en 4D-flieks. Hulle het ook gaan uiteet en 'n paar het selfs vir die eerste keer soesji beproef.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!