Moria, Vooruit lewer junior wenners

Tennis
Die Noorde se enigste junior toernooi wat vir deelnemende spelers punte op die ranglys van die Namibiese Tennisvereniging verdien, is onlangs op Outjo aangebied.

Soos gewoonlik was die Spar op die dorp die hoofborg van die geleentheid.

Die junior enkelspel wenners was:

Meisies o.10 goud: Elri Jordaan (Moria Privaatskool), silwer: Bernise Swarts.

Seuns o.10 goud: Armand Esterhuizen, silwer: Magnus Fourie.

Meisies o.12 goud: Kylla Shivute (Vooruit), silwer: N. Uugwanga.

Seuns o.12 goud: Xavier Klazen (Moria), silwer: Sibonna Amabub.

Meisies o.14 goud: A. Janser (Vooruit), silwer: Ester Ingo.

Seuns o.14 goud: Carlie Titus (Vooruit), silwer: M. Ntuli.

Meisies o.18 goud: Agnes Steenkamp (Outjo), silwer: Anina van Schalkwyk (Edugate).

Seuns o.16 goud: Willie Marais (Moria), silwer: Johan Britz (Edugate).

Daar was ook twee mini-tennis ouderdomsgroepe.

Meisies o.9 goud: J. Bezuidenhout (Okahandja), silwer: Magdaleen Pretorius (Moria).

Seuns o.9 goud: Jaiden Heunis (Moria), silwer: Frederik Pretorius (Moria).

Die hooforganiseerder, me. Maryna Louw, bedank Spar Outjo vir sy bydrae en hulp om die jaarlikse toernooi moontlik te maak, asook Roger Federer, die legendariese Switserse beroepspeler, wat geskenke vir die wenners geskenk het. “Ook my helpers Hannelie, Agnes, Lettie en Malanie sonder wie geen toernooi 'n sukses kan wees nie.”

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer