Morris lag bank toe nu00e1 rekordbod van R32 m
Morris lag bank toe nu00e1 rekordbod van R32 m

Morris lag bank toe ná rekordbod van R32 m

Krieket
Tielman van Lill
Die veelsydige Suid-Afrikaaanse krieketspeler Chris Morris het gister die duurste speler nóg in die Indiese Premierliga geword.

Die franchises het omtrent baklei vir sy dienste en hy is uiteindelik vir ’n yslike R32,5 miljoen (INR 16.25 Cr.) deur die Rajasthan Royals opgeraap.

Die Royal Challengers Bangalore wat hom vrygestel het, het ook ’n bod ingesit.

Morris was die eerste Suid-Afrikaner op wie gebie kon word in gister se veiling. Die Mumbai Indians en Punjab Kings het ook die bod opgestoot.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-04-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer