Morris, Pretorius toer saam na Australiu00eb
Morris, Pretorius toer saam na Australiu00eb

Morris, Pretorius toer saam na Australië

Krieket
Johann de Jager - Die terugkeer van die veelsydige Chris Morris is een van die vernaamste kenmerke van die Proteas se toergroep na Australië, wat gister aangekondig is.

Die 31-jarige Morris was voor sy rugbesering ’n gereelde speler van die nasionale eendagspan en was aan die begin van die jaar in al vyf wedstryde teen Indië in aksie.

Hy het die toer na Sri Lanka weens die besering misgeloop, maar met die begin van die plaaslike seisoen by die Titans gewys hy is weer oorgehaal vir internasionale krieket.

Sy 46 lopies van net 14 balle in die Titans se T20-wedsrtryd teen die Boost Defenders in Abu Dhabi was sy beste kolfvertoning dié seisoen. Hy het ook in die Titans se laaste meerdagwedstryd met 6/66 in die Warriors se eerste beurt in Centurion geskitter.

“Hy het met sy goeie spelpeil in die Titans se eerste twee wedstryde van die meerdagreeks gewys niks skort met sy fiksheid nie. Hy is tans die voorste bouler wat paaltjies betref in die reeks, sê die nasionale keurderbaas, Linda Zondi.

“Hy sal ook waarde met die kolf laer af in die kolflys toevoeg,” sê Zondi.

Die kan belangrik wees omdat die Proteas se kolflys opnuut uitgedun is deur beserings.

Hashim Amla (vinger), JP Duminy (skouer) en Wiaan Mulder (enkel) kon weens beserings nie oorweeg word nie.

Quinton de Kock en David Miller is ná hulle ruskans in die afgelope eendagreeks teen Zimbabwe wel weer ingesluit in die eendaggroep.

Farhaan Behardien en nog ’n veelsydige speler, Dwaine Pretorius, is die ander twee spelers wat ook ’n terugkeer maak en nou ’n kans kry om ’n kleim vir die Wêreldbeker-toernooi af te steek.

Die kolwers Dean Elgar, Khaya Zondo en Christiaan Jonker is weggelaat nadat hulle in die eendagreeks teen Zimbabwe speelkans gekry het.

Die Aussies sal daarop uit wees om wraak te neem ná Suid-Afrika met 5-0 skoonskip in die vorige eendagreeks tussen die spanne in 2016 in Suid-Afrika gemaak het.

Die balpeutery-skandaal en toetsreeks-nederlaag teen die Proteas sal ook nog vlak in die geheue van die Aussies wees.

Die Proteas begin hul toer op 31 Oktober in Canberra met ’n losmaker teen ’n Premier-elftal.

Hulle speel op 4, 9 en 11 November drie eendagwedstryde in Perth, Adelaide en Hobart.

Die toer word met twee T20-wedstryde op die 14de en 17de in Brisbane en die Goudkus voltooi.

* SA toergroep: Faf du Plessis (k), Farhaan Behardien, Quinton de Kock, Reeza Hendricks, Imran Tahir, Heinrich Klaasen, Aiden Markram, David Miller, Chris Morris, Lungi Ngidi, Andile Phehlukwayo, Dwaine Pretorius, Kagiso Rabada, Tabraiz Shamsi, Dale Steyn. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!