Mosambiek u2018help Noord-Korea sanksies omseilu2019
Mosambiek u2018help Noord-Korea sanksies omseilu2019

Mosambiek ‘help Noord-Korea sanksies omseil’

Noord-Korea se beeldpoetsers fokus op die oomblik op die Winterspele in Pjeongtsjang in Suid-Korea, maar sy pogings om hom los te wikkel uit die ekonomiese sanksies van die internasionale gemeenskap strek veel verder – selfs tot in Suid-Afrika se buurland Mosambiek.
David Mckenzie - Vissery is groot sake in Mosambiek, en Noord-Korea het agtergekom dit is ’n bedryf waarin hy hom betreklik maklik kan ingrawe. En vissersbote kan immers maklik geskuif en versteek word.

Die vissersbote is net een deel van die onwettige handel tussen die twee lande.

CNN het met ’n ondersoek ’n web van frontmaatskappye ontbloot, asook militêre samewerking tussen die twee lande en ooreenkomste vir die opleiding van spesiale magte.

Ondersoekers van die Verenigde Nasies (VN) sê dit is alles oortredings van internasionale sanksies.

Die kontrakte is miljoene dollars werd en die kontant word stilweg oorgedra deur Noord-Koreaanse diplomate in Suider-Afrika.

Volgens ’n ongepubliseerde VN-verslag het Noord-Korea van Januarie tot September verlede jaar US$200 miljoen verdien deur verbode kommoditeite uit te voer.

Volgens die verslag gebruik Noord-Korea internasionale verskaffingsnetwerke, buitelanders, maatskap¬pyregisters en die internasionale bankstelsel om die VN en Amerika se sanksies te omseil.

“Sy handelsbedrywighede strek veel verder as vis. Noord-Korea vul sy geldkoffers met kontant wat hy verdien uit militêre toerusting: lugmissiele, grond-tot-lugmissiele, militêre radar, lugafweerstelsels . . . ’n lang lys,” sê Hugh Griffiths, hoofondersoeker van die VN se paneel van kundiges wat die handel monitor. Die geld en inkomste wat Noord-Korea só verdien kan gebruik word om sy kernwapen- en missielprogramme te finansier.

Die VN en Amerika se ondersoekers het hul oog op minstens 11 lande in Suider-Afrika. Baie bevrydingsbewegings in Afrika het voor onafhanklikheid en in die loop van die Koue Oorlog bande met en die steun van die Noord-Koreaanse regime gehad, maar dit is onduidelik in watter mate dit was.

Maputo het een tasbare herinnering aan Mosambiek se verhouding met Noord-Korea: ’n bronsstandbeeld van Samora Machel, die land se stigterspresident wat Noord-Korea in 2011 opgerig het.

Mosambiek, een van die armste lande, moet kies tussen winsgewende kontrakte met Noord-Korea of om die Amerikaners en die VN gelukkig te hou. Hy het in 2016 ’n halfmiljard dollar by Amerikaanse agentskappe gekry.

Mosambiek ontken oortredings. “Ons hou by alle sanksies wat die VN teen Noord-Korea ingestel het,” sê Alvaro O’da Silva, ’n direkteur van die Mosambiekse ministerie van buitelandse sake.

Maar intussen sit die Noord-Koreane in hul vissersbote hul bedrywighede aan die Afrika-kus voort. – Netwerk24

David McKenzie is ’n internasionale korrespondent vir CNN.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!