Mosambiek: Ontvoerde SA sakeman sterk aan
Mosambiek: Ontvoerde SA sakeman sterk aan

Mosambiek: Ontvoerde SA sakeman sterk aan

André Hanekom is die eienaar van die Palma Marina in die dorpie Palma in Mosambiek. Hy woon en werk al 26 jaar daar.
Dit gaan elke dag beter met André Hanekom, die Suid-Afrikaner wat verlede week glo in die noorde van Mosambiek ontvoer en geskiet is.

Dit beteken egter nog nie sy lewe is buite gevaar nie.

Hanekom is Woensdag deur vier mans in die maag en linker­onderarm geskiet en het byna doodgebloei.

Die Mosambiekse polisie het hom die volgende dag in 'n hospitaal in 'n afgeleë gebied in die verre noorde van die Suid-Afrikaanse buurstaat opgespoor.

BEGIN ENTJIES STAP

Francis, Hanekom se vrou, het Sondag bevestig dat haar man al klein entjies begin stap het.

“Hy is nog baie bleek,” het sy gesê.

Francis hou vol dat die aanval op haar man 'n aanslag op sy lewe was.

André, 'n sakeman, is die eienaar van die Palma Marina in die dorpie Palma in Mosambiek.

Hy woon en werk al 26 jaar in ­Mosambiek, maar daar is volgens Francis mense wat nou pogings aanwend om die marina-­onder­neming oor te neem vir eie gewin.

Sy het vroeër aan Netwerk24 gesê haar man is gekaap pas nadat hy die bank in Palma verlaat het. Die aanvallers het klapmusse gedra en was vermoedelik met 'n 9 mm-pistool en 'n AK-47-aanvalsgeweer gewapen.

POLISIE ONDERSOEK VOORVAL

Francis het bevestig dat die polisie wel die voorval ondersoek.

“Hier was vandag drama . . . hier is verwikkelinge, maar ek gaan nou liefs niks sê nie,” het Francis gesê.

Sy het gesê sy sal verdere besonderhede bekend maak sodra die polisie die ondersoek afgehandel het én die verdagtes aangekeer is.

Lede van die weermag en polisie bewaak André tans in die hospitaal.

Pogings om met die polisie in Mosambiek kontak te maak was teen Sondagaand steeds onsuksesvol.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!