Mosambiek: SA man se dood, Cyril het gepraat
Die Mosambiekse regering het Hanekom in Desember van terreur beskuldig en gesê hy is betrokke by 'n djihadistiese groep wat in die streek bedrywig is.
Sarel van der Walt - Pres. Cyril Ramaphosa het twee keer met pres. Filipe Nyusi, sy Mosambiekse ampsgenoot, gepraat oor die Suid-Afrikaner André Hanekom wat in aanhouding in Mosambiek dood is.
Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Dinsdagmiddag in Pretoria ná haar maandelikse mediakonferensie aan Netwerk24 gesê die eerste keer was kort nadat Hanekom in hegtenis geneem is op aanklag van terreur.
“Ons was op 'n amptelike besoek toe pres. Ramaphosa pres. Nyusi gevra het oor die redes vir mnr. Hanekom se inhegtenisneming.
“Die tweede keer was ná mnr. Hanekom se dood toe pres. Ramaphosa by die leiersberaad van die Afrika-unie in Addis Abeba weer met pres. Nyusi daaroor gepraat het,” het Sisulu gesê.
Hanekom, 'n sakeman van Palma, het die afgelope 26 jaar in Mosambiek gewoon.
Hy is volgens sy familie in verdagte omstandighede in 'n hospitaal in Pemba dood.
Hy is in Augustus in Palma in hegtenis geneem in wat volgens sy vrou na 'n ontvoering gelyk het. Die Mosambiekse regering het hom in Desember van terreur beskuldig en gesê hy is betrokke by 'n djihadistiese groep wat in die streek bedrywig is.
Hanekom was na bewering verantwoordelik vir die logistiek van die groep.
Vuurwapens is na bewering by sy huis gevind. Sy familie hou vol hy was 'n onskuldige slagoffer.
Sisulu het opnuut haar medelye met Hanekom se familie uitgespreek, maar sê sy wil nie in hierdie stadium veel sê nie omdat die familie in die toekoms regstappe kan doen.
Hanekom se familie het 'n onafhanklike forensiese ondersoek na sy dood aangevra omdat hulle dink hy is vergiftig.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie