• Tuisblad
  • Weer
  • Mosambiekse laedrukstelsel ontwrig reënvalpatrone
Mosambiekse laedrukstelsel ontwrig reu00ebnvalpatrone
Mosambiekse laedrukstelsel ontwrig reu00ebnvalpatrone

Mosambiekse laedrukstelsel ontwrig reënvalpatrone

‘n Weerkenner sê volgens aanduidings kan Suider-Afrika steeds ‘n jaar van ondergemiddelde reën verwag.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – ‘n Sterk tropiese laagdrukstelsel, wat na verwagting van die naweek oor Mosambiek en die aangrensende Indiese Oseaan kan ontwikkel, sal waarskynlik reënvalpatrone in suider-Afrika vir ten minste die res van Februarie ontwrig.

Santam Suid-Afrika se landbouweerkundige, mnr. Johan van den Berg het Vrydag gesê ná goeie reënneerslae sedert die begin van Februarie in Namibië voorgekom het, lyk dit nou asof droër toestande weer in die laaste deel van Februarie, asook die eerste week van Maart kan volg.

Hy sê reënvooruitsigte in die komende maande lyk nie goed vir die westelike en suidelike dele van Namibië nie, maar dit sal na verwagting in die tweede week van Maart oor die sentrale en noordelike dele verbeter.

“Korttermynvoorspellings toon ‘n sterk tropiese laagdrukstelsel gaan oor Mosambiek en die aangrensende Mosambiekkanaal van ongeveer 17 Februarie af ontwikkel.

“In hierdie stadium lyk dit of dit swaar reën na die kusgebiede en binneland van Mosambiek, die noordoostelike dele van Suid-Afrika en Zimbabwe en selfs oor gedeeltes van Botswana kan bring,” sê Van den Berg.

“Die verwagte rigting van beweging van die stelsel is nog onduidelik. Dus kan daar nog nie vasgestel word hoe ver na die binneland dit ‘n uitwerking gaan hê nie.

“Hoewel voorspellings hierdie seisoen baie onbetroubaar is, moet ons volgens alle aanduidings steeds ondergemiddelde reënval verwag,” het hy gesê.

Van den Berg meen die moontlikheid kan nie uitgesluit word dat kleiner, meer plaaslike afsnylaagdrukstelsels kan ontwikkel en swaar reën veroorsaak nie.

ONLANGSE NEERSLAE

Van den Berg sê die swaar neerslae wat onlangs in die suidelike dele van Namibië, asook op plekke in Suid-Afrika voorgekom het, is nie deur voorspellers voorsien nie.

“Die reën was genoeg om die effek van die droogte op sekere plekke te verlig, maar daar is steeds kolle en gebiede wat geen reën gehad het nie,” het hy gesê.

Van den Berg sê Niño-seeoppervlaktemperature is steeds in die neutrale reeks, of net buite die neutrale reeks, en die Suidelike Ossilasie-indeks (SOI) bly ook steeds neutraal.

Hy sê verder het betekenisvolle afkoeling in die westelike Indiese Oseaan, naby Afrika se kuslyn, gedurende Januarie voorgekom.

Tog begin die oseaan weer in die sentrale en noordelike dele van die Indiese Oseaan verwarm. Die Indiese Oseaan Dipool-indeks is egter ook nog neutraal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!