Mosambiekse storm bring dalk reu00ebn
Mosambiekse storm bring dalk reu00ebn

Mosambiekse storm bring dalk reën

Alhoewel reënvooruitsigte in die komende dae vir Namibië nie veel belofte inhou nie, sal Ana se nalatenskap later die week en tot in volgende week gevoel word.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Terwyl groot dele van die land oor die afgelope week water ontvang het, meen 'n weerkenner 'n tropiese storm oor Mosambiek sal binnekort opnuut ook reën na Namibië bring en dalk vir “sports” sorg.

Die nieregeringsorganisasie LandWater sê die matige tropiese storm, genaamd Ana, is tans besig om “massas water op Mosambiek neer te sit” en sal moontlik uitgebreide skade veroorsaak.

Alhoewel reënvooruitsigte in die komende dae vir Namibië nie veel belofte inhou nie, sal Ana se nalatenskap later die week en tot in volgende week in Namibië asook in Suid-Afrika gevoel kan word, word aangedui.

Intussen voorspel die Namibiese weerkantoor vir vandag enkele tot geïsoleerde donderbuie in die noorde en ooste..

Die kus sal ook gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees.



Neckartal nou op 102,3%

Die Neckartaldam, wat sedert Maandagmiddag oorloop, was gister om 08:00 102,3% vol. Terselfdertyd het water dit nog steeds teen 257,9 m³ per sekonde binnegestroom, het NamWater gister in 'n tussentydse damverslag gesê.

Die dam (met 'n kapasiteit van 857,000 miljoen kubieke meter of Mm³), het tussen gister en eergister om 08:00 altesaam 27,660 Mm³ water ontvang.

Die Nautedam (83,580 Mm³) is tans ook 102% vol, terwyl die Hardapdam (294,593 Mm³) gister om 08:00 op 72,2% gestaan het. Laasgenoemde dam se sluise is eergister om 00:00 weer gesluit, maar die dam ontvang steeds water teen sowat 38,2 m³ per sekonde. Beide die Hardap- en Nautedam se sluise is die afgelope week getrek.

Al sewe die damme in die Suide het die afgelope week water ingekry, met die Neckartaldam wat bietjie meer as 'n week vantevore nog net 92,5% vol was. Verlede jaar die tyd was dit ook 100,3% vol.

Die Oanobdam (34,505 Mm³) het eergister 76,6% water bevat, met die Dreihukdam (15,493 Mm³) en die Bondelsdam (1,103 Mm³) wat onderskeidelik 18,1% en 4,7% water oor gehad het.

Die Swakoppoortdam (63,489 Mm³) het sedert verlede Maandag 2,799 Mm³ water ingekry en van 74,9% vol na 79,3% gelig. Die Von Bachdam (47,525 Mm³) is nou 0,2% voller en het gister op 46,7% gestaan. Die Omatakodam (43,499 Mm³) is 39,1% vol, terwyl van sy water na die Von Bachdam oorgeplaas is.

Damme in die sentrale dele van die land is dus gemiddeld nou 58% vol.

Gobabis-damme het die afgelope Maandag gemiddeld 26,5% water bevat. Die Daan Viljoendam (0,429 Mm³) is die volste en hou tans 48% water, gevolg deur die Tilda Viljoendam (1,224 Mm³) wat nog 43,4% water bevat.

Die Otjivero-hoof­dam (9,808 Mm³) is nou 41,2% vol, terwyl die Otjivero-slikdam (7,795 Mm³) tans 4,1% water bevat. Die Otjivero-hoofdam het ook 0,019 Mm³ water oor die afgelope week bygekry en met 0,2% gestyg.

Die Friedenaudam (6,723 Mm³) is nou 87,4% vol nadat dit oor die afgelope week 0,719 Mm³ water ontvang het. Die Goreangabdam (3,621 Mm³) is 100,8% vol.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!