Mosie dien by wêreldkongres teen oliesoektog
Ronelle Rademeyer – ’n Mosie gaan hierdie week by die wêreldbewaringskongres van die Internasionale Unie vir Natuurbewaring (IUCN) in Marseille, Frankryk, bespreek word om die negatiewe omgewingsimpak van olie-ontginning in die Kavangorivierkom te voorkom.
Die mosie, wat deur die Sentrum vir Internasionale Omgewingsreg (CIEL) ingedien is, is Maandag vir bespreking aanvaar. Dié kongres het op 3 September begin en duur tot Saterdag.
Daarin word gevra lidlande moet verseker menseregteverpligtinge is 'n primêre oorweging in alle beleide en besluite rakende die soektog na olie en gas en die ontginning daarvan.
Dit versoek ook alle lidlande om in besluite rakende eksplorasie en die ontwikkeling van olie- en gasbronne die reg op gratis, voorafgaande en ingeligte toestemming te respekteer. Dit beteken toestemmingsprosesse moet omvattende konsultasie insluit oor die nadelige gevolge van klimaatsverandering, die gevolge van die voorgestelde aktiwiteite op die klimaat, asook die risiko’s vir waterbronne, wild, woude, voedselsekerheid en mense se lewensbestaan ??en kultuur.
Laastens word ’n beroep op die regerings van Botswana en Namibië gedoen om te verseker dat strategiese en omvattende omgewingsimpakstudies gedoen word wat aan internasionale standaarde voldoen. Streng en kritiese ondersoek moet word en gedoen na die impak van toekomstige ontwikkeling van olie- en gasbronne in die Kavangorivierkom op die Okavango-delta as 'n Unesco-wêrelderfenisgebied.
Dié mosie gee erkenning aan die eerste deel van die Sesde Evalueringsverslag van die Interregeringspaneel oor Klimaatsverandering (IPCC) wat lui aardverwarming wat deur mense veroorsaak word, is hoofsaaklik die gevolg van fossielbrandstowwe en die verwoestende gevolge daarvan is moontlik reeds onomkeerbaar.
Verder word lidlande herinner dat die Internasionale Energieagentskap (IEA) verklaar het geen nuwe olie- en gasvelde ontgin moet word indien die wêreld die netto nulpad van koolstofvrystellings wil volg.
Die mosie herinner lidlande dat die Okavango-delta die wêreld se grootste vleiland van internasionale belang onder die Ramsar-konvensie is. Dit maak deel uit van die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied (Kaza TFCA) van vyf lande.
Dit herinner lidlande ook dat die Afrika-handves vir menseregte die reg op 'n gesonde omgewing en gratis, voorafgaande inligting vir ingeligte toestemming waarborg.
Lidlande word ook herinner dat dié kongres in 2016 in Hawaii besluit het nywerheidsaktiwiteite, insluitend die ontginning van olie, mag nie in beskermde gebiede soos die Okavango-delta plaasvind nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie