Moskee-aanvallers dood in lugaanval
Die Egiptiese weermag het kort mette met die IS-aanvallers gemaak wat Vrydag 'n moskee in die Sinai-skiereiland aangeval het.
Van die aanvallers wat Vrydag by die massamoord van minstens 305 Moslem-gelowiges in Egipte betrokke was, het in 'n lugaanval omgekom, sê die Egiptiese weermag.
Meer as 300 Moslems, waaronder 27 kinders, is Vrydag dood toe Islamitiese militante 'n moskee aangeval het.
Gelowiges was besig met hul weeklikse Vrydag-gebede in die al-Rawdah-moskee naby El Arisj in die noordelike Sinai-skiereiland toe die aanvallers toegeslaan het.
Hulle het blykbaar eers 'n selfmoordbom laat ontplof en daarna met semi-outomatiese vuurwapens op die vlugtende mense losgebrand.
Tamer Rifai, weermagwoordvoerder, het in 'n verklaring gesê die Egiptiese lugmag het die aanvallers en verskeie voertuie wat in die aanval gebruik is, opgespoor.
Die voertuie is vernietig en die insittendes is dood.
Die aanvallers het 'n Isis-vlag gehad. Die moskee behoort aan die Sufi-orde – 'n vertakking van die Islam wie se volgelinge deur streng Islamitiese groepe as afvallig beskou word omdat hulle heiliges en altare in hul aanbidding gebruik.
Die aanval was enkele dae voor die viering van die verjaardag van die profeet Mohammad, wat tradisioneel ook in Sufi-moskees plaasvind.
Die aanvallers het in vier 4x4's nadergejaag nadat die bom ontplof het en losgebrand. Volgens ooggetuies het hulle ook op ambulanse geskiet.
Sowat 50 ambulanse het beseerdes en dooies van die toneel weggeneem.
Minstens 130 mense is gewond, berig die staatsnuusagentskap Mena.
Pres. Abdel Fattah al-Sisi het kort na die voorval 'n nood-kabinetsvergadering byeengeroep, het die staatstelevisie berig. Drie dae van rou is ook dadelik afgekondig.
Dit was die dodelikste aanval in drie jaar sedert die Egiptiese veiligheidsmagte die Islamitiese Staat (Isis) die stryd aangesê het. – Netwerk24/Al-Jazeera/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie