Moslem-vrouens voer aanval in Kenia uit
Moslem-vrouens voer aanval in Kenia uit

Moslem-vrouens voer aanval in Kenia uit

Ooggetuies: Aanvaller sê hulle is lede van Al-Sjabaab
Estelle de Bruyn
Drie vroue in tradisionele gewade het hul pad tot binne ’n polisiekantoor in Mombasa in Kenia oopgepraat, waar hulle een polisieman met ’n mes aangeval het voordat hulle die gebou met behulp van ’n petrolbom aan die brand gesteek het. Hulle is op die toneel doodgeskiet.
Die polisie het ook ’n selfmoord­baadjie gevind wat nie ontplof het nie, het ’n polisiewoordvoerder gesê.
Die stad Mombasa aan Kenia se kus het ’n groot Moslembevolking en het die afgelope jare gereeld onder aanvalle deur Islamitiese militante deurgeloop.
Die vroue het onder die voorwendsel dat hulle ’n gesteelde telefoon wou aanmeld, Saterdagoggend by die polisiekantoor ingestap. ’n Petrolbom en ’n mes was in hul tradisionele “buibui”-gewade versteek. Twee polisiebeamptes is in die hospitaal en word vir hul beserings behandel.
’n Vrou by wie die drie vroue die nag vantevore tuis gegaan het, word aangehou. Drie ander mense is by die huis van een van die aanvallers aangekeer.
Die polisie het nie gesê aan watter militante groep die vroue verbind word nie, maar ’n ooggetuie op die toneel het gesê die vroue het gesê hulle is lojaal aan Al-Sjabaab.
Hulle het ook Arabiese slagspreuke soos “Allahoe Akbar” tydens die aanval geskree.
Die Somaliese groep Al-Sjabaab, wat bande met Al-Kaïda het, het aanspreeklikheid vir die aanval in Mombasa aanvaar en sê die aanval is ter vergelding vir die troepe wat Kenia na Somalië gestuur het. - Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!