Moslems 'geteiken in aanval' in Londen-moskee
In wat as 'n daad van Moslem-fobie beskou word, het 'n man Sondagnag in 'n skare mense in Londen ingejaag.
'n Man is dood en 10 mense beseer toe 'n voertuig tussen mense ingejaag het nadat hulle die Finsbury Park-moskee in Londen verlaat het.
“Die polisie het bevestig dat hierdie 'n terreurdaad kan wees,” sê Theresa May, Britse premier.
“Ek dink aan al die slagoffers en hul gesinne, asook aan die nooddienste op die toneel,” sê sy.
Die aanval kom tydens die Moslems se heilige maand van Ramadaan, wanneer mense saans gebede bywoon.
'n Man (48) is deur omstanders in hegtenis geneem en aan die polisie oorhandig.
“Volgens ooggetuies blyk dit dat die man deur Islamofobie gemotiveer is,” sê die Moslemraad van Brittanje.
Hulle sê dit was ooglopend nie 'n ongeluk nie.
Volgens die Evening Standard het 'n man blykbaar uit die paneelwa gespring en mense met 'n mes aangeval.
Die polisie sê niemand is op die toneel vir meswonde behandel nie.
Dit is die vierde groot terreurvoorval in Engeland die afgelope paar maande.
Aan die begin van die maand is agt mense dood toe 'n voertuig op London Bridge in voetgangers ingejaag het soos met die aanval op die Westminster-brug op 22 Maart.
Ses mense is in die Westminster-aanval dood.
In Mei is 22 mense in Manchester in 'n selfmoordbomaanval dood by 'n konsert van die Amerikaanse sangeres Ariana Grande. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie